Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w82 5/1 bl. 14
  • ‘’n Besonder toegewyde man’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘’n Besonder toegewyde man’
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Soortgelyke materiaal
  • Nuwe lede van die Bestuursliggaam
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Betheldiens—Meer vrywilligers is nodig
    Ons Koninkryksbediening—1995
  • My lewe in Jehovah se geesgerigte organisasie
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Kan jy jou beskikbaar stel?
    Ons Koninkryksbediening—2001
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
w82 5/1 bl. 14

‘’n Besonder toegewyde man’

William Kirk Jackson is op 16 September 1901 in Galveston, Texas, gebore. Na ’n lewe van toegewyde diens aan Jehovah God het hy sy aardse lewe op 13 Desember 1981 voltooi.

Van kleins af het William ’n groot belangstelling in Bybelwaarheid getoon. In 1915 het hy hom op die ouderdom van 14 deur Christus Jesus aan Jehovah toegewy. Hy het altyd sy roeping as een van die Here se gesalfdes in eenheid met Christus gekoester. Op 1 Junie 1933 het hy Jehovah voltyds as ’n pionier begin dien. Na spesiale toewysings in Washington, D.C., en in Chicago, Illinois, het broer Jackson op 13 November 1937 ’n permanente lid van die Brooklynse Bethelgesin geword. Van 1941 af het hy saam met regsadviseur Hayden C. Covington gedien en was hy in die hewigste van die geveg wat tot talle belangrike oorwinnings vir Jehovah se Getuies in die Amerikaanse Appèlhof gelei het. Hy is op 15 Oktober 1971 as lid van die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies aangestel, en hy het mettertyd op die Diens- en die Uitgewerskomitee gedien.

Broer Jackson was nederig, baie beskeie en nooit grootdoenerig nie. Duisende mense rondom die aarde het hom slegs as “Bill” geken. Hy was sagmoedig, te alle tye genaakbaar en ’n baie aangename metgesel; hy het mense altyd op hulle gemak gestel. Tydens ’n gedenkdiens wat by die Brooklynse Bethel gehou is, het F. W. Franz gesê: ‘Ons dank Jehovah God dat hy so ’n goeie Getuie verwek het. Hy het sy loopbaan getrou voltooi en is seker van sy beloning. Bill Jackson was ’n besonder toegewyde man.’

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel