Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w82 5/1 bl. 8-9
  • Luister jy na raad?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Luister jy na raad?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Soortgelyke materiaal
  • “Skenk aandag aan die woorde van die wyses”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2022
  • Snap jy altyd waaroor dit gaan?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Maak jou raad ander se “hart bly”?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2022
  • Bekwame raadgewers—’n seën vir hulle broers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
w82 5/1 bl. 8-9

God se Woord is lewend

Luister jy na raad?

HET jy al ooit raad ontvang, soos die jongman in die illustrasie hier regs ontvang? Daar is moontlik vir jou gesê dat sekere omgang sleg is, of dat ’n bepaalde handelwyse jou in die moeilikheid kan laat beland of jou selfs God se misnoeë op die hals kan laat haal? Het jy geluister? Iets wat met God se volk van die ou tyd gebeur het, toon hoe belangrik dit is om na raad te luister.

Nadat God die Israeliete uit Egipte bevry het, het hy hulle beveel om nie met die aanbidders van ander gode om te gaan nie. Hy het gesê: “Jy mag met hulle of met hulle gode geen verbond maak nie.” En hierdie aanbidders van valse gode moes ook nie toegelaat word om in die land te woon nie. Die rede wat God aangevoer het, was “dat hulle jou nie verlei om teen My te sondig nie” (Exodus 23:32, 33). Maar net voordat hulle in die Beloofde Land ingegaan het, het baie Israeliete daardie raad in die wind geslaan. Wat het gebeur?

Die valse profeet Bileam het die vroue van Moab en Midian, wat jy hier sien, aangesê om die Israeliete na ’n feesmaal van die beste voedsel en wyn te nooi. Dit was werklik onverstandig van hulle om so ’n uitnodiging van valse aanbidders te aanvaar. Baie van hulle is waarskynlik afgeraai om te gaan. Maar hulle het nie na die raad geluister nie. Hulle het nogtans gegaan.

By die feesmaal het die Israeliete ontspan omdat hulle geëet en gedrink het. Die Moabitiese en Midianitiese vroue het waarskynlik ook suggestiewe danse uitgevoer, en dit het die manne se hartstog gewek. Hulle het hulle waaksaamheid verslap, sodat hierdie vroue hulle oorreed het om geslagsomgang met hulle te hê. Hulle het selfs die Israeliete oorreed om voor valse gode neer te buig. Met watter gevolg?

Jehovah se toorn het teen sy volk ontvlam, en hy het ’n plaag onder hulle gestuur. Een van die Israeliete het nogtans vir Kosbi, die dogter van ’n Midianitiese stamhoof, reg in die Israelitiese laer ingebring. Hy het haar na sy tent geneem om geslagsomgang met haar te hê. Maar Pinehas, die seun van die Israelitiese hoëpriester, het ingestorm en albei met ’n spies deurboor. Toe het Jehovah die plaag laat ophou. Maar 24 000 Israeliete het gesterf omdat hulle nie na raad geluister het nie.—Numeri 25:1-15; 31:16.

Sien jy vandag ’n soortgelyke situasie? Daar is een (1 Korinthiërs 10:11). Ons staan op die drumpel van God se beloofde nuwe stelsel, gereed om dit binne te gaan net soos die Israeliete op die punt gestaan het om die Beloofde Land binne te gaan. Wat verwag jy dat Satan sal probeer doen, te oordeel na voorbeelde van die verlede? Ja, om God se volk in situasies te laat beland waar hulle onsedelik sal wees, sodat Jehovah hulle nie geskik sal ag om sy regverdige nuwe stelsel binne te gaan nie.

Wat gaan jy dus doen wanneer jy raad kry om situasies te vermy wat daartoe kan lei dat jy jou aan hoerery skuldig maak? Wees verstandig. Luister na die raad!

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel