Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w82 5/1 bl. 7
  • Die maagdelike geboorte—Moet jy dit glo?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die maagdelike geboorte—Moet jy dit glo?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Soortgelyke materiaal
  • Die maagd Maria – Wat sê die Bybel oor haar?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Die maagdelike geboorte—Feit of verdigsel?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Jesus se geboorte—Hoe en waarom dit gebeur het
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
  • Wat beteken Jesus se dood vir jou?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
w82 5/1 bl. 7

Die maagdelike geboorte—Moet jy dit glo?

ONS kom dus by die vrae: Was Maria ’n maagd toe sy Jesus gebaar het? Was dit noodsaaklik dat sy ’n maagd moes wees? Waarom het Jesus nie ’n mensevader gehad nie? As ons kyk wie Jesus was en wat sy sending op aarde was, sal dit ons help om hierdie vrae te beantwoord.

Die apostel Johannes verduidelik dat Jesus as die eersgebore Seun van God in die geesteryk gelewe het en die Woord genoem is voordat hy op aarde gebore is. Maar “die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon” (Johannes 1:1-14). Of soos die Bybel dit elders stel: “God [het] sy Seun uitgestuur, gebore uit ’n vrou” (Galasiërs 4:4). Jesus het self erken dat God, wat geen “slagoffer en spysoffer wou . . . hê nie, . . . vir My ’n liggaam berei” het toe hy ‘in die wêreld ingekom het’.—Hebreërs 10:5.

Daar was goeie redes waarom Jesus ’n mens moes word, om “in die wêreld” van die mensdom in te kom. Hoog op die lys was die verlossing van die mensdom uit slawerny aan sonde, onvolmaaktheid en die dood. Die apostel Paulus het verduidelik: “Deur een mens het die sonde in die wêreld gekom en deur die sonde die dood, en so het die dood tot al die mense deurgedring, omdat almal gesondig het” (Romeine 5:12, NTP). Oor die wyse waarop die almagtige God daardie situasie sou hanteer, het Paulus gesê: “Daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus, wat Homself gegee het as ’n [ooreenstemmende] losprys vir almal.”—1 Timotheüs 2:5, 6, vgl. NW; vergelyk 1 Korinthiërs 15:21, 22.

Ja, alle mense het die dood weens die opstand van ons voorvader Adam geërf, en geregtigheid het die lewe van ’n ander volmaakte mens—niks meer nie, niks minder nie—geverg om die losprys te voorsien wat die moontlikheid van ewige lewe vir ons sou terugkoop. Geen onvolmaakte mens kon dit voorsien nie (Psalm 49:8, 9). Iemand sou uit die hemelryk moes kom. Dit was gepas die eersgebore Seun van God. Hy moes ’n volmaakte mens word sonder dat sy lewe onderbreek word. Sy lewenskrag sou nie uitgeblus word nie, maar oorgeplaas word na die eiersel van die maagd Maria. ‘Oorskadu deur die beskermende krag van die Allerhoogste’ kon sy ’n volmaakte liggaam vir die baba Jesus voortbring.—Lukas 1:35.

Dit verklaar ook waarom die lewenskrag nie op die gewone manier van ’n onvolmaakte aardse man kon kom nie. ’n Onvolmaakte Jesus sou nie die losprys kon word nie. Hy sou dit ook nie kon word as hy ’n inkarnasie of Godmens was nie.

Jehovah het ’n maagd gekies om Jesus se aardse moeder te wees sodat dit duidelik sou wees dat hy die seun van God was en nie van ’n onvolmaakte menslike vader nie. As ’n getroude vrou hierdie groot eer ontvang het, sou daar altyd twyfel hieromtrent bestaan het.

Ons kan dus sien dat die maagdelike geboorte van Jesus onontbeerlik was vir die volbrenging van Jehovah God se oorspronklike voorneme om ’n volmaakte mensdom te hê wat vir ewig op ’n paradysaarde lewe (Genesis 2:7-9, 15-17). Hy sou ’n losprys uit liefde voorsien. Daar sou voldoen word aan die eise van sy geregtigheid. Sy wysheid sou seëvier.

Ons moet dus tot die gevolgtrekking kom dat die Bybelverslag oor die maagdelike geboorte van Jesus Christus nie minder geloofwaardig is weens die spot van die skeptikus of weens onskriftuurlike en ongerymde godsdienstige toevoegsels nie. Dit staan as ’n basiese feit wat onontbeerlik vir die Christelike geloof is. En dit hou nou verband met ons vooruitsigte op ewige lewe.—Johannes 17:3.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel