Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w82 3/15 bl. 3-4
  • Die kerke bemoei hulle met die politiek

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die kerke bemoei hulle met die politiek
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Godsdiens in die politiek
  • Hoe kan godsdiens die spanning verlig?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Moet geestelikes hulle met die politiek bemoei?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Moet godsdiens by die politiek betrokke raak?
    Nog onderwerpe
  • Godsdiens en die politiek—Stuur hulle op ’n botsing af?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
w82 3/15 bl. 3-4

Die kerke bemoei hulle met die politiek

“DIS tyd dat godvresende mense inspraak in die regering kry.” Dit is die woorde van ’n pastor in Kalifornië. Stem jy met hom saam dat godsdienstige mense hulle met die politiek moet bemoei? Baie stem met hom saam daar hulle die sedelike verval, die toenemende misdadigheid, die ekonomiese agteruitgang, die internasionale spanning, die armoede en verhongering en die toenemende ongeloof rondom die wêreld met ontsteltenis dophou.

Baie van hierdie probleme is weliswaar die verantwoordelikheid van regerings. Maar regerings is dikwels hulpeloos. Nog erger, baie het hulle aansien weens skandale verloor. Verslae oor verdorwenheid en bedrog het mense se vertroue in hulle regerings tot so ’n mate ondermyn dat baie saamstem met die middeljarige moeder wat gesê het: “Dit lyk vir my asof die hele politieke stelsel verdorwe en onsedelik geraak het.”

Talle opregte persone meen gevolglik dat godsdiens hand moet bysit. Hulle meen dat godsdiens God verteenwoordig, en hulle glo—tereg—dat meer as menslike kundigheid nodig is om die mens se probleme op te los. Hulle bid om hulp, maar is nie seker hoe God hulle sal help nie. Hulle dink dat dit miskien hulle plig is om iets te doen. Hulle wil dus graag sien dat “godvresende mense” in die politiek betrokke moet raak om ’n element van “godvresendheid” in die regering te kry. Predikante, priesters en kerkmense raak al hoe meer in die politiek betrokke.

Is dit die beste manier waarop godsdiens vandag kan help? Kom ons kyk wat party van hierdie godsdiensbeoefenaars doen en wat hulle hoop om te bereik.

Godsdiens in die politiek

In die Verenigde State het party kerke wandelgang-politici reg in die nasie se hoofstad om wetgewers te probeer beïnvloed. Wat hoop hulle om daarmee te bereik? ’n Katolieke priester het verduidelik: “Ons meen dat ons ’n groot langtermyninvloed op die morele gesindhede het wat die politieke gees van die nasie bepaal.” ’n Protestantse predikant het bygevoeg: “Ons behoort vir die regering te kan sê: ‘Julle het verkeerd opgetree; julle het die verkeerde weg ingeslaan.’”

Sulke stemmingmakery vind al lank diskreet plaas. ’n Nuwer verskynsel—en baie minder diskreet—is die totstandkoming van groepe met spesiale oogmerke wat deur Protestantse fundamentaliste georganiseer is. Hierdie groepe, soos die Morele Meerderheid in die Verenigde State, het hulself sterk uitgespreek oor geskille soos die ondersteuning van Israel, homoseksuele se regte, die Panama-Kanaalverdrag, Taiwan se veiligheid en aborsie. Politici het geleer om nie hulle invloed te onderskat nie. Senatore wat voorstanders was van programme wat nie hulle goedkeuring weggedra het nie, is tydens verkiesings verslaan.

Die Wêreldraad van Kerke, met sy setel in Europa, het op ’n ander manier in die politiek betrokke geraak. Sedert 1970 het die Raad volgens berig R3-miljoen aan verskeie revolusionêre politieke bewegings geskenk.

Party predikante stel hulle weer verkiesbaar vir regeringsposte. Maar ’n onlangse koerantopskrif het vertel van wat moontlik die mees verregaande vorm van politieke betrokkenheid is: “Filippynse priesters verlaat gemeentes, sluit by opstand aan.” Die artikel het vertel van vier Katolieke priesters wat by ’n Kommunistiese guerrillabeweging aangesluit het. Sulke daadwerklike betrokkenheid in radikale bewegings kom algemeen voor, maar dit het ’n hoë tol geëis. In Latyns-Amerika het dit gedurende die afgelope dekade gelei tot die vermoording, ontvoering of verbanning van ’n geraamde 850 priesters, nonne en leke.

Hoe beskou jy sulke politieke bedrywigheid deur godsdiensleiers? Keur jy dit goed? Of het jy jou bedenkinge? Jy maak moontlik geen beswaar daarteen dat kerke hulself diskreet oor politieke geskille uitspreek nie, maar jy het jou bedenkinge oor priesters wat by revolusies aansluit.

As ons egter godsdienstige betrokkenheid in die politiek goedkeur, is dit moeilik om te sê waar dit moet ophou. As dit aanneemlik is dat geordende bedienaars diskreet in ’n nasie se hoofstad propaganda maak vir programme wat volgens hulle goed is, waarom is dit dan vir Protestantse fundamentaliste verkeerd om staatswye drukgroepe te organiseer om programme voor te staan wat vir hulle belangrik is? En as die Morele Meerderheid hom ten gunste van die verdediging van Israel kan uitspreek, waarom kan die Wêreldraad van Kerke dan nie geld skenk vir militêre sake wat hulle goedkeur nie? En as dit nie verkeerd is nie, waarom is dit dan afkeurenswaardig as Katolieke priesters veg en sterf vir sake wat hulle in Suid-Amerika en Asië steun in plaas daarvan om net geld te gee sodat ander mense die kanse waag?

En tog . . . kom jy agter dat daar iets met hierdie redenasie skort? Is dit werklik die beste manier waarop godsdiens die mensdom in hierdie moeilike dae kan help?

Dit is nie iets nuuts dat godsdiens probeer om die politiek te beïnvloed nie. Die volgende tabel meld ’n paar opmerklike geleenthede toe godsdiens en die politiek vermeng is.

[Venster op bladsy 4]

◻ ln 1095 het pous Urbanus ll ’n beroep op Westerse nasies gedoen om “hulle broers in die Christelike Ooste te hulp te snel” teen die Turke. Die gevolg was die eerste Kruistog en die Kruisvaartbeweging, wat twee eeue lank veel bloed vergiet het.

◻ ln die 12de eeu het pous Hadrianus IV lerland amptelik aan die Engelse koning, Hendrik ll, geskenk en aldus (in die oë van die getroues) die Engelse oorname van daardie land bekragtig.

◻ ln 1524 het die boere in Duitsland—deels as gevolg van Martin Luther se leerstellings—in opstand gekom. Alhoewel hy hulle beweging aanvanklik goedgesind was, het Luther in 1525 aanbeveel dat die Duitse vorste die “hebsugtige, moorddadige hordes boere” verpletter. Die vorste het sy raad met groot wreedheid toegepas.

◻ ln 1618 het die pogings van die aangewese koning van Boheme om Katolisisme op ’n oorheersend Protestantse bevolking af te dwing gelei tot die Dertigjarige Oorlog.

◻ ln 1918 het die kerke van die Christendom hulle invloed gebruik om die Volkebond te steun. Maar dit het dit nie laat slaag nie. Na slegs twee dekades is die wêreld in die verskriklikste oorlog in die mensegeskiedenis gedompel. Nou steun die Christendom se kerke die Verenigde Volke, maar die nasies is swaarder bewapen en meer verdeeld as ooit tevore.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel