Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w81 11/1 bl. 16-17
  • Waarom mense siek word en sterf

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Waarom mense siek word en sterf
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Soortgelyke materiaal
  • Terug in Kapernaüm
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Terug in Kapernaüm
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Die rede hoekom mense siek word
    Leer by die Groot Onderwyser
  • “Jou sondes is vergewe”
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
w81 11/1 bl. 16-17

God se Woord is lewend

Waarom mense siek word en sterf

Niemand wil siek word, oud word en sterf nie. Dit is egter wat gebeur. God het tog seker nie bedoel dat dit so moes wees nie. Waarom word mense dan siek en sterf hulle? lets wat meer as 1 900 jaar gelede in ’n stampvol huis naby die See van Galilea gebeur het, dui op die antwoord.

Jesus Christus het pas tevore teruggekeer na sy tuisdorp Kapernaüm (Mark. 2:1; Matt. 4:13). Hy was nou beroemd, veral omdat hy ’n melaatse wonderdadig genees het (Mark. 1:40-45). Mense het dus uit al die omstreke gekom om Jesus te sien. ’n Groot skare het ingebeur in die huis waar hy tuisgegaan het, soos jy hier kan sien.

Toe vier manne ’n verlamde man op ’n bed soontoe gebring het, kon hulle nie by die huis inkom nie. Maar hulle het nie moed opgegee nie. Hulle het op die dak geklim. Dit was ’n plat dak, en hulle het ’n groot gat daarin gemaak. Toe het hulle die bed waarop die verlamde man gelê het in die vertrek laat afsak. Hulle het beslis vas geglo dat Jesus die man kon help.

Toe Jesus sien hoeveel geloof hulle het, het hy vir die siek man gesê: “Jou sondes is jou vergewe!” Dit toon dat daar ’n verband tussen siekte en sonde bestaan. Dink daaraan. Toe die eerste man, Adam, gesondig het deur God se wet te oortree, was die straf onvolmaaktheid en die dood (Gen. 2:17; 3:19). Nadat Adam gesondig het, het hy kinders gehad. Hy het dus onvolmaaktheid en die dood aan hulle oorgedra. Dit is waarom mense oud word, siek word en sterf. Ons het almal sonde en die dood van Adam geërf.—Job 14:4; Rom. 5:12.

Maar kan Jesus werklik sondes vergewe? Party mense in daardie stampvol vertrek in Kapernaüm het nie so gedink nie. Daarom het Jesus vir hulle gesê: “Wat is makliker, om vir die verlamde te sê: Die sondes is jou vergewe! of om te sê: Staan op en neem jou bed op en loop?” Toe het Jesus vir die man gesê om sy bed op te tel en huis toe te gaan. En die man het! Hy was volkome genees!—Mark. 2:2-12.

Dink net wat hierdie krag van Jesus vir ons kan beteken! Onder die bewind van God se koninkryk sal Christus die sondes van almal wat God liefhet en dien, kan vergewe. Dit beteken dat alle pyn en kwale weggeneem sal word. Niemand sal ooit weer oud word en sterf nie. Wat ’n wonderlike vooruitsig is dit tog vir die toekoms!—Openb. 21:3, 4.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel