Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w81 9/1 bl. 18-19
  • Is opregtheid al wat nodig is om God te behaag?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Is opregtheid al wat nodig is om God te behaag?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Soortgelyke materiaal
  • Jesus kies Saulus
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Op die pad na Damaskus
    My boek met Bybelverhale
  • Kan mense wat slegte dinge doen, verander?
    Leer by die Groot Onderwyser
  • Die vervolger sien ’n groot lig
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
w81 9/1 bl. 18-19

God se Woord is lewend

Is opregtheid al wat nodig is om God te behaag?

VERSKRIKLIKE dinge is al in die naam van godsdiens gedoen. Kyk wat gebeur hier met Stefanus, ’n dissipel van Jesus Christus. Hy word doodgemaak!

Stefanus se moordenaars is baie godsdienstige manne. Een van hulle is Saulus, die man wat die klere oppas (Hand. 7:58-60). Hy het later gesê: “Ek [het] in die Jodedom vooruitgegaan . . . bo baie van my leeftyd.” Maar in plaas daarvan om hom ’n beter persoon te maak, het Saulus gesê dat sy godsdiens daarvoor verantwoordelik was dat hy “die gemeente van God uitermate vervolg” het.—Gal. 1:13, 14.

Saulus het die Christene in Jerusalem vervolg deur hulle huise met geweld binne te gaan, hulle uit te sleep en in die gevangenis te werp (Hand. 8:3). Maar hy was nie daarmee tevrede nie. Hy het ook na Damaskus vertrek om die Christene aldaar in hegtenis te neem.—Hand. 9:1, 2.

Maar op pad soontoe gebeur daar iets merkwaardigs. Soos jy kan sien, skyn ’n lig uit die hemel rondom Saulus en val hy op die grond neer. ’n Stem sê: “Saul, Saul, waarom vervolg jy My?”

“Wie is U, Here?” vra Saulus.

“Ek is Jesus wat jy vervolg”, is die antwoord (Hand. 9:3-5). Jesus sê dit omdat dit vir hom voel asof hy self seerkry wanneer Saulus sy volgelinge vervolg. Kort daarna word Saulus ’n lid van die Christengemeente en hy staan later bekend as die apostel Paulus.

Ons kan ’n belangrike les hieruit leer. Saulus was opreg en het geglo dat hy God behaag deur Christene te vervolg (Hand. 22:3, 4; Joh. 16:2). Maar dit het nie sy dade reg gemaak nie. Hy moes sy godsdiens verander om God se goedkeuring weg te dra. Hy het later geskryf van ander wat opreg was maar wat God nie behaag het nie. Wat was hulle probleem?

Paulus verduidelik: “Ek getuig van hulle dat hulle ’n ywer vir God het, maar sonder kennis” (Rom. 10:2). Ja, benewens opregtheid het ons ’n juiste kennis van God se Woord nodig. As ’n mens nie die waarheid omtrent iets weet nie, kan jy verskriklike dinge doen. Hoe belangrik is dit dus dat ons juiste kennis van God se voornemens verkry!—1 Tim. 1:13; Joh. 17:3.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel