Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w81 6/1 bl. 3-4
  • Sal elkeen op sy eie geloof salig?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Sal elkeen op sy eie geloof salig?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • WAAROM HIERDIE BESKOUING GEWILD IS
  • SAAM MET DIE “BAIE” OF DIE “MIN”
  • JUISTE KENNIS WAT NA GOD LEI
  • Is alle godsdienste verskillende paaie wat na God lei?
    Ontwaak!—2001
  • Glo Jehovah se Getuies dat hulle die enigste ware godsdiens is?
    Algemene vrae oor Jehovah se Getuies
  • Is alle vorme van aanbidding vir God aanneemlik?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Aanbidding wat God se goedkeuring wegdra
    Wat leer die Bybel werklik?
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
w81 6/1 bl. 3-4

SAL ELKEEN OP SY EIE GELOOF SALIG WORD?

HET jy geweet dat daar ’n geloof genaamd “Kennedy-‏Aanbidders” is? Die aanhangers daarvan glo dat wyle president John F.‏ Kennedy van die Verenigde State ‘hulle van oorgeërfde en selfs ongeneeslike kwale kan genees’.

Of wat van die kerk genaamd die Ministry of Universal Wisdom? Dit is gebaseer op geloof in vlieënde pierings, en die stigter daarvan beweer dat hy eenkeer om 2 vm. in een gery het.

En wie het nog nie gehoor van en was nie geskok deur die massaselfmoord in Guyana van meer as 900 lidmate van “eerwaarde” Jim Jones se People’s Temple nie?

Sulke voorbeelde kan lei tot ernstige vrae oor ’n mening wat algemeen gehuldig word, een wat jy al gehoor het. Die beskouing word dikwels so uitgedruk: ‘Elkeen sal op sy eie geloof salig word.’

WAAROM HIERDIE BESKOUING GEWILD IS

Een rede waarom baie vandag so glo, is omdat daar ’n groeiende ‘liberale gees’ is. Mense wil geensins die indruk skep dat hulle kleingeestig of dweepsiek is nie.

Nog ’n rede waarom party sê dat ‘daar iets goeds in alle gelowe steek’, is omdat die meeste kerke oor liefde praat en leer dat dit verkeerd is om ander leed aan te doen, te moor, te lieg of te steel. Kerke het hospitale en skole gebou om die armes te help. En godsdiensgroepe het die Bybel vertaal en versprei en aldus baie mense in staat gestel om van die ware God en sy Seun, Jesus, te leer.

Maar as daar ’n ware God is wat voorligting in sy geskrewe Woord voorsien het en wie se Seun mense geleer het wat die ware godsdiens behels, vra ons: “Hoe beskou God en Jesus die verskillende gelowe? Stem hulle saam dat ‘elkeen op sy eie geloof salig sal word’?

SAAM MET DIE “BAIE” OF DIE “MIN”

Jesus Christus word rondom die aardbol vereer as ’n verstandige en godvrugtige onderrigter, beslis nie een wat kleingeestig was nie. Maar in sy beroemde Bergpredikasie het Jesus onomwonde gesê:

“Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie. Maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie . . . in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My.”—Matt. 7:21-23.

Let daarop dat Jesus nie vandag se gewilde en ekumeniese beskouing gehuldig het dat die meeste mense wat vandag op hulle manier die een of ander godsdiens beoefen, God behaag nie. Jesus het eerder gesê dat “baie” onder selfs diegene wat beweer dat hulle Jesus as Here of Christus erken nie aanneemlik is nie.

In dieselfde predikasie het Jesus reguit vermaan:

“Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.”—Matt. 7:13, 14.

Waarom dink jy het Jesus so ’n standpunt ingeneem? Die Skrif toon duidelik dat Jesus geweet het dat ’n persoon ‘die wil van die Vader’, wat in die Bybel uiteengesit word, moet “doen” om God te behaag. Dit word gestaaf deur die feit dat Jesus die beoefening en verkondiging van dinge wat in stryd met God se Woord is, veroordeel het. Dit was reg dat jy dit gedoen het, want hy geweet dat godsdiens gebruik kan word om mense te verstrik en te mislei (Matt. 23:13; 2 Kor. 4:4). Wanneer baie van die dinge wat vandag in die kerke geleer word met die Skrif vergelyk word, sien ons dat dit die liefde en vrygewigheid van die ware God verkeerd voorstel.

Dit is dus logies dat dit nie vir iemand, onsself inkluis, genoeg is om net met die geloof van ons ouers saam te gaan of aan die vernaamste geloof in ons omgewing te behoort nie. Selfs al doen ons dit in alle opregtheid, kan dit ons onder die “baie” plaas wat volgens Jesus op die ‘breë pad is wat na die verderf lei’.

Jy sou beslis verkies om onder die “min” te wees wat in God se oë op die “pad” is wat waarlik na hom toe lei. Dit is ook die pad wat Jesus gesê het na die “lewe”, ewige lewe, lei.—Joh. 3:16; 17:3.

JUISTE KENNIS WAT NA GOD LEI

Jy kan ongetwyfeld sien dat ons nie teoloë hoef te wees of ’n breë kennis van godsdiens moet hê om kerke te vermy wat gekenmerk word deur geloof in wonderwerke deur ’n afgestorwe politikus, of deur reise in vlieënde pierings, of wat tot waansinnige selfmoord lei nie. Maar ons het kennis nodig—juiste kennis.

Ons het duidelike bewys hiervan in die geval van die eerste-eeuse Joodse wetsgeleerde Saulus (of Paulus) wat ’n Christenapostel geword het. Hy was baie ywerig in sy vorige geloof en het selfs probeer om aanbidding uit te roei wat syns insiens onbehoorlik was. Maar deur God se genade het Paulus besef dat baie godsdienstige persone, hy inkluis, “ywer vir God [kan hê]; maar nie volgens juiste kennis” nie. Toe Paulus meer kennis van God se wil en handelinge verkry het, het hy hom bekeer tot die juister manier van aanbidding.—Hand. 8:1-3; 9:1, 2; Rom. 10:2, NW; 1 Tim. 1:12-16.

Dit is dus baie belangrik dat ons moet vasstel of ons aan ’n geloof behoort of op ’n wyse aanbid wat waarlik na God lei. Maar hoe kan ons seker wees?

[Prent op bladsy 4]

Is jy op die breë weg . . .

. . . of op die smal weg?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel