Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w81 3/1 bl. 11
  • ’n Wyse spreuk

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Wyse spreuk
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Soortgelyke materiaal
  • “Die skerpsinnige gee ag op sy voetstappe”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • “Elke skerpsinnige sal met kennis optree”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • ‘Die lippe van waarheid sal vir ewig bestaan’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
  • Inleiding
    Ontwaak!—2017
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
w81 3/1 bl. 11

’N WYSE SPREUK

“Die dwaas laat sy drif op die daad bekend word, maar die skrandere verberg skande.”—Spr. 12:16.

Hoe reageer jy wanneer iemand jou ten onregte kritiseer of lelike dinge van jou sê? Soos Spreuke 12:16 toon, is dit ’n baie algemene reaksie onder onvolmaakte mense om hulle humeur te verloor. Baie mense laat dadelik, “op die daad”, hulle drif bekend word en gee ’n toornige antwoord. Maar wat van “die skrandere”? Met die uitdrukking “die skrandere” verwys Spreuke nie hier na ’n listige persoon, soos iemand wat wraak beplan nie. Die gunstige aspek van skranderheid word eerder beklemtoon. ln Spreuke word dit verbind met kennis en wysheid, met ’n versigtige persoon wat ’n saak deurdink voordat hy sommer net emosioneel reageer (Spr. 13:16; 14:8; 22:3). Ondanks onregverdige kritiek of ’n kleingeestige belediging wat hom oënskynlik smaad aandoen, bedwing die skrandere sy tong. Hy bly in beheer en laat nie toe dat die ander persoon of die situasie hom beheer nie. En sulke versigtigheid strek hom beslis tot voordeel, daar hy die gevegte vermy wat dikwels die lot is van die persoon wat oorhaastig reageer wanneer sy gevoelens seergemaak word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel