Wie was die sieners?
Eerste Samuel 9:9 lui: “Die profeet van teenswoordig het hulle vroeër siener genoem.” Hierdie woorde toon dat die uitdrukking “siener” deur die woord “profeet” vervang is nadat die profete van die dae van Samuel af meer na vore gekom het. Die sieners is deur God geïnspireer om in ’n saak in “te sien”, dit wil sê, om die goddelike wil te onderskei. Die siener se oë is geopen om dinge te sien of te verstaan wat vir mense oor die algemeen verborge was. Hy is derhalwe genader vir raad oor hoe om probleme op te los.