29 ELIA
“My God is Jehovah”
DIE geskiedenis van die tienstammeryk van Israel het ’n hartseer rekord geword van die een slegte koning ná die ander. Agab was die sewende koning van Israel, en volgens Jehovah was hy die slegste van hulle almal. Hy het met ’n slegte uitlandse vrou met die naam Isebel getrou. Hy het valse gode aanbid, maar sy vrou het selfs ’n erger vorm van Baälaanbidding in die land bevorder, wat moontlik kinderofferandes ingesluit het. Gedurende hierdie baie moeilike tyd lees ons vir die eerste keer oor die man Elia. Eendag het hy voor Agab verskyn. Jehovah het hom gestuur om ’n oordeelsboodskap aan die koning te gee en vir die koning te sê wat Hy gaan doen.
Dink aan Elia wat die lang pad aanpak vanuit die bergagtige gebied van Gilead tot in Samaria, die versterkte stad waar Agab sy massiewe paleis gebou het. Daar was selfs na hierdie paleis verwys as ’n “ivoorpaleis” dalk as gevolg van sy rykdom (1 Kon. 22:39). Ons dink dalk aan Elia wat in sy eenvoudige harige kleed en breë leerbelt in daardie indrukwekkende paleis instap en voor die koning staan en vir hom sê dat sy god, Baäl, magteloos was! En wat as Isebel saam met die koning was? Hoe sou Agab en sy koningin reageer het terwyl Elia gepraat het? Die moedige profeet het basies gesê dat Baäl wat hulle as die god van reën beskou het, hulle nie sou kon help nie. Jehovah gaan ’n droogte in die land stuur. En dit sou jare lank aanhou – totdat Jehovah se kneg Elia sê dat dit weer sou reën!
Waar het Elia die moed gekry om die oordeelsboodskap oor te dra? ’n Deel van die antwoord kan in sy eie woorde gevind word. Hy het sy boodskap met hierdie woorde begin: “So waar as wat Jehovah lewe, die God van Israel wat ek dien.” Die Hebreeuse uitdrukking wat as “wat ek dien” vertaal word, beteken letterlik “voor wie ek staan”. Elia het voor ’n magtige mensekoning gestaan. Maar die profeet het iets baie belangrikers geweet, dat hy eintlik voor Jehovah God as Sy kneg staan. Agab en Isebel het dalk intimiderend en magtig gelyk, maar hulle was niks in vergelyking met Jehovah nie. Wat ’n aanmoedigende manier om na dinge te kyk!
Elia het moedig teen ’n slegte koning en koningin, ’n opstandige nasie en sy eie vrese opgestaan
Elia het aangehou om moedig te wees in sy diens aan Jehovah. Hy het dit gewys toe hy aan Jehovah gehoorsaam was deur gedurende ’n tyd van droogte en hongersnood in ’n verlate vallei weg te kruip, waar hy staatgemaak het op ’n stroompie vir water en op kraaie om vir hom kos te bring. Hy was moedig toe Jehovah hom na Sidon gestuur het, die gevaarlike gebied waar Isebel se pa regeer het, om ’n arm weduwee te help wat uitsonderlike geloof gehad het. En Elia het gewys dat hy moedig is toe hy op berg Karmel teen die 450 profete van Baäl opgestaan het en aan hulle bewys het dat Jehovah alleen die ware God is. Keer op keer het Elia gewys dat hy getrou was aan die betekenis van sy naam, “my God is Jehovah”.
Maar Elia was ook “’n mens met gevoelens soos ons s’n” (Jak. 5:17). Hy was soms ook bang. Toe Agab weier om te verander ná die wonderwerke by berg Karmel, en Isebel Elia wou laat doodmaak, het die profeet alle moed verloor. Hy het vir sy lewe gevlug. Hy was baie mismoedig, hy het selfs vir Jehovah gesê dat hy wou doodgaan en dat hy soos ’n nikswerd voel – niks beter as sy voorvaders nie. Maar Jehovah het geduldig na hom geluister. Later het Elia twee keer vir sy God gesê dat hy alleen en bang voel en oortuig was dat al sy harde werk verniet was. Jehovah het sy profeet verseker dat hy glad nie alleen was nie en dat hy nog steeds waardevol was en gebruik kon word. Jehovah het selfs vir sy profeet ’n helper gekies, iemand wat deur Elia opgelei kon word om met die werk aan te gaan.
Kort daarna het Elia Elisa gaan vind. Saam het daardie twee aangehou om vir Jehovah op te staan gedurende daardie donker dae. Elisa het sy ouer vriend ondersteun en by hom geleer. Met Jehovah se hulp was Elia se moed ten volle herstel en het hy tot die einde moedig gebly.
Lees die Bybelverslag:
Om te bespreek:
Hoe het Elia gewys dat hy moedig is?
Soek dieper
1. Hoekom was kraaie ’n goeie keuse om vir Elia kos te bring? (it “Kraai” ¶5-wcgr) A
Lior Kislev
Prent A
2. Watter wonderwerke het Elia gedoen? (it “Elia” nr. 1 ¶11-wcgr)
3. Op berg Karmel het Elia vir die manne gesê om ’n groot sloot vol water te maak. Waar het hulle dalk water in die middel van ’n droogte gekry? (ba 17 ¶3) B
Todd Bolen/BiblePlaces.com
Prent B: ’n Uitsig van berg Karmel en die Middellandse See
4. Wat het Elia se kleed voorgestel, en hoekom het hy dit oor Elisa se skouers gegooi? (w14 2/1 12 ¶3)
Dink aan die lesse
Hoe het Jehovah Elia behandel, en hoe kan ons Jehovah navolg en dit vir ons broers en susters makliker maak om met ons te praat wanneer hulle mismoedig is? (1 Kon. 19:1-18) C
Prent C
Elia was bly om sy voorregte met Elisa te deel. Hoe kan ons sy gesindheid navolg wanneer ons ander oplei en vir hulle verantwoordelikhede gee?
Op watter ander maniere kan jy die moed van Elia in jou lewe navolg?
Dink na oor die groter prentjie
Wat leer hierdie verslag my oor Jehovah?
Hoe hou hierdie verslag verband met Jehovah se wil?
Wat sou ek Elia graag wou vra nadat Jehovah hom opgewek het?
Leer meer
Kyk ’n video oor hoe Jehovah Elia versterk het om sy toewysing uit te voer.
Wat kan jong mense uit Elia se moed by berg Karmel leer?
“Verdedig ware aanbidding!” (“Bybelstudie-aktiwiteite” op jw.org)