Lied 146
Julle het dit vir my gedoen
Christus Jesus se broers word getrou ondersteun
Deur die skape wat hulp aan hul bly verleen.
Jesus sal hierdie skape
wel ryklik beloon
vir liefde wat hul aan gesalfdes betoon.
(REFREIN)
“Julle hulp aan my broers was ook hulp aan my.
Jul vertroosting van hul was ook troos vir my.
Jul arbeid vir hul was ook arbeid vir my.
Jul hulp aan my broers was ook hulp aan my.
Julle dade vir hul was dade vir my.”
“Ek was honger en dors, jul het aan my voorsien,
oral waar julle kon, gehelp en gedien.”
“Here, wanneer het ons dit
gedoen?” wil hul weet.
Die Koning het dan hierdie antwoord gereed:
(REFREIN)
“Julle hulp aan my broers was ook hulp aan my.
Jul vertroosting van hul was ook troos vir my.
Jul arbeid vir hul was ook arbeid vir my.
Jul hulp aan my broers was ook hulp aan my.
Julle dade vir hul was dade vir my.”
“Jul was aan my lojaal en was altyd gereed
om te dien met my broers en hul te help preek.”
Hy sal dan vir hul sê
hoe hy hul sal beloon:
“Vir ewig sal jul op die aarde kan woon.”
(REFREIN)
“Julle hulp aan my broers was ook hulp aan my.
Jul vertroosting van hul was ook troos vir my.
Jul arbeid vir hul was ook arbeid vir my.
Jul hulp aan my broers was ook hulp aan my.
Julle dade vir hul was dade vir my.”
(Sien ook Spr. 19:17; Matt. 10:40-42; 2 Tim. 1:16, 17.)