Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • gf les 17 bl. 28-29
  • As jy ’n vriend wil behou, moet jy ’n vriend wees

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • As jy ’n vriend wil behou, moet jy ’n vriend wees
  • Jy kán God se vriend wees!
  • Soortgelyke materiaal
  • Die wonder van sand
    Ontwaak!—2003
  • God se liefde bly vir ewig
    Hoe om in God se liefde te bly
  • Bou jy op sand of op rots?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • “Dít is wat die liefde vir God beteken”
    ‘Hou julle in God se liefde’
Sien nog
Jy kán God se vriend wees!
gf les 17 bl. 28-29

LES 17

As jy ’n vriend wil behou, moet jy ’n vriend wees

Vriendskap is gegrond op liefde. Hoe meer jy van Jehovah leer, hoe groter sal jou liefde vir hom word. Namate jou liefde vir God toeneem, sal jou begeerte om hom te dien ook toeneem. Dit sal jou beweeg om ’n dissipel van Jesus Christus te word (Matteus 28:19). As jy deel van die gelukkige gesin van Jehovah se Getuies word, kan jy vir ewig God se vriend wees. Wat moet jy doen?

Jy moet jou liefde vir God bewys deur sy wette te gehoorsaam. “Dít is wat die liefde vir God beteken, dat ons sy gebooie onderhou; en tog is sy gebooie nie swaar nie.”—1 Johannes 5:3.

Pas toe wat jy leer. Jesus het ’n illustrasie vertel wat dit toelig. ’n Verstandige man het sy huis op rotsagtige grond gebou. ’n Dwase man het sy huis op sand gebou. Toe ’n groot storm kom, het die huis wat op die rots gebou is, nie ingestort nie, maar die huis wat op die sand gebou is, het met ’n groot instorting tot niet gegaan. Jesus het gesê dat diegene wat sy leringe hoor en dit doen soos die verstandige man is wat op die rots gebou het. Maar diegene wat na sy leringe luister en dit nie doen nie, is soos die dwase man wat op sand gebou het. Soos watter man wil jy wees?—Matteus 7:24-27.

’n Huis wat op rots gebou is en ’n huis wat op sand gebou is

Toewyding. Dit beteken dat jy tot Jehovah bid en vir hom sê dat jy sy wil vir ewig wil doen. As jy God se wil doen, toon dit dat jy ’n dissipel van Jesus Christus is.—Matteus 11:29.

’n Vrou wy haar lewe toe aan Jehovah in gebed

Doop. “Laat jou doop en was jou sondes af deur sy naam aan te roep.”—Handelinge 22:16.

’n Man word gedoop

Dien God heelhartig. “Wat julle ook al doen, doen dit met julle hele siel soos vir Jehovah en nie vir mense nie.”—Kolossense 3:23.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel