Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • gf les 18 bl. 30-31
  • Wees God se vriend—Vir ewig!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wees God se vriend—Vir ewig!
  • Jy kán God se vriend wees!
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Vry volk maar met verantwoordelikheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Welkom by die “Liefhebbers van Vryheid”-Streekbyeenkomste!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Moenie die doel van godgegewe vryheid mis nie
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Dien Jehovah, die God van vryheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) — 2018
Sien nog
Jy kán God se vriend wees!
gf les 18 bl. 30-31

LES 18

Wees God se vriend—Vir ewig!

Dit verg inspanning om ’n vriend te maak; dit verg inspanning om ’n vriend te behou. Die moeite wat jy doen om ’n vriend van God te word en te bly, sal ryklik beloon word. Jesus het vir diegene wat in hom glo, gesê: “Die waarheid sal julle vrymaak” (Johannes 8:32). Wat beteken dit?

Twee mans in die Paradys

Jy kan nou al vryheid geniet. Jy kan vry wees van die valse leerstellings en leuens wat deur Satan versprei word. Jy kan vry wees van die wanhoop waarin miljoene mense wat Jehovah nie ken nie, verval het (Romeine 8:22). God se vriende is selfs vry van die “vrees vir die dood”.—Hebreërs 2:14, 15.

Jy kan vryheid in God se nuwe wêreld geniet. Watter wonderlike vryheid kan jy tog in die toekoms geniet! Op die Paradysaarde sal daar vryheid van oorlog, siekte en misdaad wees. Vryheid van armoede en honger. Vryheid van bejaardheid en die dood. Vryheid van vrees, onderdrukking en ongeregtigheid. Die Bybel sê van God: “U maak u hand oop en bevredig die begeerte van alles wat lewe.”—Psalm 145:16.

God se vriende sal vir ewig lewe. Ewige lewe is ’n kosbare gawe wat God sal gee aan almal wat sy vriende wil wees (Romeine 6:23). Dink net aan wat eindelose lewe vir jou sal beteken!

’n Man en ’n klein meisie kyk na ’n dier, en ’n vrou skilder

Jy sal tyd hê om baie dinge te doen. Jy wil dalk graag leer om ’n musiekinstrument te speel. Of miskien wil jy leer skilder of houtwerk leer doen. Miskien wil jy meer omtrent diere of plante leer. Of jy wil dalk graag reis en verskillende lande en volke sien. Ewige lewe sal dit alles moontlik maak!

Jy sal tyd hê om met baie mense vriende te maak. Ewige lewe sal dit vir jou moontlik maak om baie ander te leer ken wat God se vriende geword het. Jy sal hulle talente en goeie eienskappe leer ken, en hulle sal ook jou vriende word. Jy sal hulle liefhê, en hulle sal jou liefhê (1 Korintiërs 13:8). Eindelose lewe sal jou die tyd gee om met almal op aarde vriende te maak! Bowenal sal jou vriendskap met Jehovah al hoe hegter word namate die eeue verbygaan. Mag jy vir ewig God se vriend wees!

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel