Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • gf les 16 bl. 26-27
  • Bewys jou liefde vir God

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bewys jou liefde vir God
  • Jy kán God se vriend wees!
  • Soortgelyke materiaal
  • “God het ’n blymoedige gewer lief”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
  • Jy kan Jehovah se vriend wees
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
  • God nooi jou om sy vriend te word
    Jy kán God se vriend wees!
  • Jehovah het blymoedige gewers lief
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
Sien nog
Jy kán God se vriend wees!
gf les 16 bl. 26-27

LES 16

Bewys jou liefde vir God

’n Man bid en lees die Bybel

As jy ’n vriend wil behou, moet jy met hom gesels. Jy luister na hom, en hy luister na jou. Jy vertel ook vir ander goeie dinge van jou vriend. Dit is dieselfde as ’n mens ’n vriend van God wil wees. Kyk wat die Bybel hieroor sê:

Praat gereeld met Jehovah in gebed. “Hou vol met gebed.”—Romeine 12:12.

Lees God se Woord, die Bybel. “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig om te onderrig, om tereg te wys, om dinge reg te stel.”—2 Timoteus 3:16.

Leer ander van God. “Gaan dus en maak dissipels van mense van al die nasies, . . . en leer hulle om alles te onderhou wat ek julle beveel het.”—Matteus 28:19, 20.

Twee van Jehovah se Getuies preek vir ’n man

Maak vriende met God se vriende. “Hy wat met wyses wandel, sal wys word.”—Spreuke 13:20.

Woon vergaderinge in die Koninkryksaal by. “Laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en voortreflike werke aan te spoor en . . . mekaar aanmoedig.”—Hebreërs 10:24, 25.

Help om die Koninkrykswerk te ondersteun. “Laat elkeen [gee] net soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie teësinnig of onder dwang nie, want God het ’n blymoedige gewer lief.”—2 Korintiërs 9:7.

Jehovah se Getuies by ’n Koninkryksaal
    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel