Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • gf les 15 bl. 24-25
  • God se vriende doen wat goed is

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • God se vriende doen wat goed is
  • Jy kán God se vriend wees!
  • Soortgelyke materiaal
  • Jou gesin kan gelukkig wees
    Wat kan die Bybel ons leer?
  • Hoe kan jy ’n gelukkige gesin hê?
    Hoe kan jy ’n gelukkige gesin hê?
  • Twee sleutels tot ’n blywende huwelik
    Die geheim van gesinsgeluk
  • Gesinslewe wat God behaag
    Wat vereis God van ons?
Sien nog
Jy kán God se vriend wees!
gf les 15 bl. 24-25

LES 15

God se vriende doen wat goed is

Wanneer jy ’n vriend het wat jy bewonder en respekteer, probeer jy om soos hy te wees. “Goed en opreg is Jehovah”, sê die Bybel (Psalm 25:8). Om God se vriend te wees, moet ons goed en opreg wees. Die Bybel sê: “Word . . . navolgers van God, as geliefde kinders, en gaan voort om in liefde te wandel” (Efesiërs 5:1, 2). Hier is ’n paar maniere waarop ’n mens dit kan doen:

Twee mans werk saam aan ’n bouprojek

Wees behulpsaam teenoor ander. “Laat ons . . . aan almal goed doen.”—Galasiërs 6:10.

Werk hard. “Laat die steler nie meer steel nie, maar laat hom liewer harde werk doen deur met sy hande werk te doen wat goed is.”—Efesiërs 4:28.

Bly fisies en sedelik rein. “Laat ons ons van elke verontreiniging van die vlees en die gees reinig en in die vrees van God heiligheid vervolmaak.”—2 Korintiërs 7:1.

’n Gesin maak reg om te eet

Gesinslede moet mekaar met liefde en respek behandel. ‘Elkeen van julle moet sy vrou liefhê soos homself; andersyds moet die vrou diep respek vir haar man hê. Kinders, wees gehoorsaam aan julle ouers.’—Efesiërs 5:33–6:1.

Betoon liefde aan ander. “Laat ons aanhou om mekaar lief te hê, want die liefde kom van God.”—1 Johannes 4:7.

Gehoorsaam die wette van die land. “Laat elke siel onderdanig wees aan die [regering] . . . Gee aan almal wat hulle toekom: aan hom wat die belasting verlang, die belasting.”—Romeine 13:1, 7.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel