Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 10/09 bl. 7
  • Sleutel 5: Redelikheid

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Sleutel 5: Redelikheid
  • Ontwaak!—2009
  • Soortgelyke materiaal
  • Kweek redelikheid aan
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Wanneer jou adolessent jou geloof bevraagteken
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • Adolessensie—Voorbereiding vir volwassenheid
    Ontwaak!—2011
  • Wat is ’n ouer se doelwit?
    Ontwaak!—2011
Sien nog
Ontwaak!—2009
g 10/09 bl. 7

Sleutel 5: Redelikheid

“Laat julle redelikheid . . . bekend word.”—Filippense 4:5.

Wat dit behels. In suksesvolle gesinne laat die man en die vrou ruimte vir mekaar se tekortkominge (Romeine 3:23). Hulle is ook nie te streng of te toegeeflik met hulle kinders nie. Hulle maak ’n redelike aantal huisreëls. Wanneer teregwysing nodig is, gee hulle dit “in die regte mate”.—Jeremia 30:11.

Waarom dit saak maak. Die Bybel sê: “Die wysheid van bo is . . . redelik” (Jakobus 3:17). Aangesien God self nie volmaaktheid van onvolmaakte mense vereis nie, waarom sal ’n egpaar dit dan van mekaar vereis? Om oor onbenullighede fout te vind, sal in werklikheid net gegriefdheid tot gevolg hê en sal niks help nie. Die beste is om te aanvaar dat ‘ons almal dikwels struikel’.—Jakobus 3:2.

Suksesvolle ouers lê redelikheid aan die dag in die manier waarop hulle hulle kinders behandel. Hulle dissipline is nie oordrewe nie en hulle is ook nie “moeilik . . . om te behaag” nie (1 Petrus 2:18). Hulle staan vryhede toe aan adolessente wat getoon het dat hulle ’n verantwoordelikheidsin het. Hulle probeer nie mikrobestuur nie. Om elke aspek van ’n adolessent se lewe te beheer, sê een naslaanwerk, “is soos om ’n woeste en uitputtende reëndans op te voer om dit te laat reën. Dit sal nie reën nie, maar jy sal net afgemat raak.”

Probeer hierdie oefening. Bepaal hoe redelik jy is deur die volgende vrae te beantwoord.

◼ Wanneer laas het jy jou maat geprys?

◼ Wanneer laas het jy jou maat gekritiseer?

Stel ’n doelwit. As jy gesukkel het om die antwoord op die eerste vraag in die bygaande oefening te vind, maar die tweede een maklik kon beantwoord, dink aan ’n doelwit wat jy in verband met jou verwagtinge kan stel.

Praat met jou maat oor watter doelwitte julle al twee kan stel.

Dink aan ’n paar vryhede wat jy aan jou adolessent kan toestaan as hy of sy ’n verantwoordelikheidsin toon.

Voer ’n openhartige gesprek met jou adolessent oor sake soos inkomtye.

[Prent op bladsy 7]

Soos ’n versigtige bestuurder, is ’n redelike gesinslid bereid om toe te gee

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel