Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 12/08 bl. 22
  • Die bedrieglike krag van advertensies

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die bedrieglike krag van advertensies
  • Ontwaak!—2008
  • Soortgelyke materiaal
  • Die kuns van oorreding
    Ontwaak!—1998
  • Voed jou kind van kleins af op
    Die geheim van gesinsgeluk
  • Ons kinders—’n kosbare erfenis
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Hoe om ’n geestelike sterk gesin te bou
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
Sien nog
Ontwaak!—2008
g 12/08 bl. 22

Die bedrieglike krag van advertensies

DEUR ONTWAAK!-MEDEWERKER IN POLE

Tomek sit vasgenael voor die televisieskerm. Hy is die ene ore terwyl ’n advertensie die kykers probeer oorreed: “As jou seun dít dra, sal hy sterk en atleties wees, en sy vriende sal hom bewonder. Koop dit nou!” Tomek hardloop na sy pa toe terwyl hy die aansteeklike deuntjie neurie wat hy pas gehoor het. “Pappa, sal Pappa dit vir my koop?” vra hy.

◼ Waarom wil kinders die dinge hê wat geadverteer word? “Hulle wil dit hê omdat ander dit het. Hulle wil hulle status in die groep behou”, verduidelik ’n opvoedkundige wat in die Poolse tydskrif Rewia aangehaal word. Wanneer kinders kerm, huil en nors rondloop, gee party ouers dikwels toe en koop hulle die produk wat hulle kinders wil hê.

Wat maak ’n advertensie wat op kinders gemik is, so bedrieglik? Die inhoud daarvan “fokus nie op die prys, gehalte of nut van die produk nie”, verduidelik die sielkundige Jolanta Wąs. Die doel van die advertensie is om kinders “emosioneel te betrek”. Wąs sê: “Jong kinders sal nie ontleed wat in ’n advertensie gesê word nie. . . . Hulle vergelyk nie die inligting wat aangebied word met hulle begrip van die wêreld nie.” En al probeer hulle dit doen, is hulle begrip dalk te beperk om die produk akkuraat te evalueer.

Hoe kan jy jou kind teen die bedrieglike krag van advertensies beskerm? Eerstens, “jy moet tyd saam met jou kind deurbring en bly verduidelik dat ’n mens se waarde nie gemeet word aan die spesifieke handelsmerk van die skoene [of klere] wat hy dra nie”, sê Rewia. Laat jou kind weet dat dit moontlik is om gelukkig te wees sonder om die nuutste speelgoed te hê. Tweedens, ouers moet self bewus wees van hoe advertensies hulle kinders kan beïnvloed. Die sleutel is om nie “toe te laat dat advertensies aan ons voorskryf wat vir ons kind goed is nie”, sê Wąs.

Laastens kan alle ouers baat vind by die raad in die Bybel. Die apostel Johannes het geskryf: “Alles wat in die wêreld is—die begeerte van die vlees en die begeerte van die oë en die spoggerige vertoon van ’n mens se lewensmiddele—het nie hulle oorsprong by die Vader nie, maar het hulle oorsprong by die wêreld.”—1 Johannes 2:15, 16.

Stem jy nie saam dat baie advertensies “die begeerte van die oë” prikkel en jonk sowel as oud beweeg om ’n “spoggerige vertoon van [hulle] lewensmiddele” te maak nie? Interessant genoeg, die apostel Johannes het verdere raad gegee en geskryf: “Die wêreld gaan verby en so ook sy begeerte, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.”—1 Johannes 2:17.

Ouers wat gereeld tyd inruim om opbouende gesprekke met hulle kinders te hê, kan goddelike beginsels en goeie waardes by hulle inskerp (Deuteronomium 6:5-7). Dan sal kinders nie so maklik beïnvloed word deur die bedrieglike advertensies van hierdie wêreld nie, waarvan die doel is om hulle te kry om druk op hulle ouers uit te oefen om dinge vir hulle te koop.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel