Is dit ontwerp?
Die seemeeu se been
◼’n Seemeeu vries nie, selfs terwyl hy met sy kaal pote op ys staan. Hoe behou hierdie voël sy liggaamshitte? Deel van die geheim lê in wat teenstroomhitteruilers genoem word.
Dink hieraan: ’n Teenstroomhitteruiler bestaan uit ’n buis wat warm vloeistof vervoer en naby ’n buis verbyloop wat koue vloeistof vervoer. As die vloeistowwe in dieselfde rigting vloei, word hoogstens die helfte van die hitte oorgedra. Maar as die vloeistowwe in teenoorgestelde rigtings vloei, word amper 100 persent van die hitte oorgedra.
Die hitteruilers in ’n seemeeu se bene verkoel die bloed op pad na die pote tot naby vriespunt en verwarm die bloed dan weer wanneer dit terugvloei. Aangaande voëls wat in koue omgewings lewe, skryf die voëlkundige Gary Ritchison: “Die beginsel van teenstroomhitteruiling is so doeltreffend en vindingryk dat mense dit ook al in ingenieursprojekte gebruik het om die vermorsing van energie te voorkom.”
Wat dink jy? Het die teenstroomhitteruilingstelsel in die seemeeu se bene per toeval ontstaan? Of is dit ontwerp?a
[Voetnoot]
a Teenstroomhitteruilers kom ook voor in mense, ’n aantal visse en baie ander diere.
[Diagram/Prente op bladsy 25]
(Sien publikasie vir oorspronklike teksuitleg)
Die hitteruilers in ’n seemeeu se bene verwarm bloed wat terugvloei
[Diagram]
32°C
0-5°C
[Foto-erkenning op bladsy 25]
Seemeeu: © Michael S. Nolan/age fotostock