Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g17 nr. 1 bl. 16
  • Die hitteskerm van die silwermier

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die hitteskerm van die silwermier
  • Ontwaak!—2017
  • Soortgelyke materiaal
  • Inhoudsopgawe
    Ontwaak!—2017
  • Die mier se nek
    Ontwaak!—2016
  • ’n Bedrewe tuinier
    Ontwaak!—1997
  • Die houtkappermier se antenna-skoonmaker
    Is dit ontwerp?
Sien nog
Ontwaak!—2017
g17 nr. 1 bl. 16
Die silwermier van die Sahara

IS DIT ONTWERP?

Die hitteskerm van die silwermier

DIE silwermier van die Sahara (Cataglyphis bombycina) is ’n insek wat onder geweldige hoë temperature kan lewe. Terwyl die mier se natuurlike vyande gedurende die warmste deel van die dag in die koelte bly, gaan soek die mier vinnig na kos. Hy eet ander insekte wat aan die intense hitte dood is.

Die silwermier van die Sahara se spesiale haartjies is deel van sy saamgestelde hitteskerm

[50] μm

Dink hieraan: Die silwermier het ’n haarlose onderkant en spesiale haartjies aan sy bokant en sye wat hom teen die hitte beskerm. Die haartjies, wat die mier ’n silwer skynsel gee, lyk soos klein driehoekige buisies. Die twee boonste kante van die haar het mikroskopiese riffeltjies wat in die lengte van die haar loop, terwyl die onderkant van die haar glad is. Daar is twee redes vir hierdie ontwerp. Eerstens kan die hare die hitte van die son reflekteer. Tweedens help dit die mier om maklik af te koel. Terselfdertyd reflekteer die mier se haarlose onderkant die hitte van die warm grond.a

Die silwermier van die Sahara se spesiale haartjies lyk soos klein driehoekige buisies onder ’n mikroskoop

[10] μm

Die silwermier van die Sahara se hitteskerm help om die insek se liggaamstemperatuur onder 53,6 grade Celsius te hou. Dit is die maksimum temperatuur wat hy kan verduur. Navorsers hoop om hierdie hitteskerm se ontwerp te gebruik in die vervaardiging van spesiale bedekkings om passiewe verkoeling (verkoeling sonder waaiers of ander toestelle) te verbeter.

Wat dink jy? Het die silwermier van die Sahara se hitteskerm deur evolusie ontstaan? Of is dit ontwerp?

a Die mier het ook spesiale proteïene in sy liggaam wat nie maklik deur die geweldige hitte afgebreek kan word nie en lang beentjies wat hom hoog bo die warm sand hou en waarmee hy vinnig kan hardloop. Hy het ook die besondere navigasievermoë om die kortste pad terug na sy nes te vind.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel