Hoe sal jy antwoord?
Waar het dit gebeur?
1. Na watter stad het Saulus gereis toe hierdie wonderwerk plaasgevind het?
LEIDRAAD: Lees Handelinge 9:1-9.
Omkring jou antwoord op die kaart.
ROME
JERUSALEM
DAMASKUS
BABILON
◼ Wie het uit die hemel met Saulus gepraat?
․․․․․
◼ Wat het met Saulus gebeur toe die helder lig verskyn?
․․․․․
VIR BESPREKING:
Waarom het Saulus Christene vervolg? Waarom sal sommige mense jou dalk sleg behandel as jy oor Jehovah praat? Hoe kan die verslag hierbo jou moed gee?
In hierdie nommer
Beantwoord hierdie vrae, en voorsien die ontbrekende Bybelvers(e).
BLADSY 5 In wie moet ons nie ons vertroue stel nie? Psalm 146:․․․
BLADSY 6 Waarvan sal die aarde vol wees? Jesaja 11:․․․
BLADSY 11 Wat sal die regverdiges besit? Psalm 37:․․․
BLADSY 27 Waaraan het die bedroefde man Job uiting gegee? Job 10:․․․
Prentejag vir kinders
Kan jy hierdie prente in die tydskrif vind? Beskryf in jou eie woorde wat in elke prent gebeur.
Wie is deel van Jesus se geslagslyn?
Kyk na die leidrade. Slaan die tekste na. Skryf dan die korrekte name neer in die spasies wat voorsien word.
2. ․․․․․
LEIDRAAD: My ma het gelag toe sy hoor dat sy aan my geboorte sou gee.
Lees Genesis 17:19; 18:10-14.
3. ․․․․․
LEIDRAAD: My broer het sy geboortereg aan my verkoop vir ’n lensiegereg.
Lees Genesis 25:29-34.
4. ․․․․․
LEIDRAAD: My pa het my as “’n leeuwelpie” beskryf.
Lees Genesis 49:9.
◼ Antwoorde op bladsy 20
ANTWOORDE OP VRAE OP BLADSY 31
1. Damaskus.
◼ Jesus.
◼ Hy is met blindheid geslaan.
2. Isak.—Lukas 3:34.
3. Jakob.—Lukas 3:34.
4. Juda.—Lukas 3:33.