Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g99 2/22 bl. 8-9
  • Die hoop wat die ware godsdiens bied

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die hoop wat die ware godsdiens bied
  • Ontwaak!—1999
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Opwindende hoop
  • ’n Boodskap van God
  • Die lewe in ’n herstelde paradys
    Ontwaak!—2008
  • Die lewe wat hy moontlik maak
    Ontwaak!—2006
  • ’n Koninkryk wat die hele aarde sal verander
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Wie sal die mensdom na vrede lei?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
Sien nog
Ontwaak!—1999
g99 2/22 bl. 8-9

Die hoop wat die ware godsdiens bied

ONS hou van nature daarvan om oor dinge te praat wat ons raak of waarin ons belangstel. Dit is een rede waarom Jehovah se Getuies dit geniet om die Bybel se wonderlike boodskap aan ander te verkondig. Daardie boodskap, wat die aandag op die Koninkryk van God vestig, bevat die antwoorde op vrae oor die dinge wat mense vandag werklik raak, soos die toekoms, veiligheid, gesondheid en geluk.—Lukas 4:43.

Maar eerstens, wat is God se Koninkryk?

’n Opwindende hoop

God se Koninkryk is ’n regering van God in die hande van sy Seun, die “Vredevors”. Die Bybel sê oor hom: “’n Kind is vir ons gebore, ’n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: . . . Vredevors—tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde.”—Jesaja 9:5, 6.

’n Ander Bybelprofesie het van die verre toekoms voorspel, ja, oor ons tydperk in die geskiedenis met sy heersers: “In die dae van dié konings sal die God van die hemel ’n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie . . . ; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ’n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan.”—Daniël 2:44.

Hierdie Koninkryk van God, in die hande van Christus, die Vredevors, gaan die dinge verwesenlik waarvoor Jesus sy volgelinge leer bid het, naamlik: “Ons Vader in die hemele, . . . laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde” (Matteus 6:9, 10). Wat sal dit vir die aarde en vir ons beteken wanneer God se Koninkryk kom? Let op die beloftes wat Jehovah God self gemaak het, soos in die Bybel opgeteken staan. Party daarvan word op hierdie bladsye uitgebeeld.

’n Boodskap van God

Die wonderlike beloftes wat in God se Woord gevind word, moet nie geheim gehou word nie, en dit bring ons terug by die vraag of ons oor godsdiens moet praat of nie. Jesus het voorspel dat sy volgelinge voor die einde van die huidige stelsel van dinge die inisiatief sal neem om van God se Koninkryk te getuig: “Hierdie goeie nuus van die koninkryk sal in die hele bewoonde aarde verkondig word tot ’n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.”—Matteus 24:14; 28:19, 20; Handelinge 1:8.

Dit is hierdie boodskap oor God se Koninkryk wat Jehovah se Getuies regoor die wêreld verkondig. Die Ontwaak! se medetydskrif, Die Wagtoring, word in 130 tale uitgegee, en op die voorblad van elk van die meer as 22 miljoen eksemplare van elke nommer wat gedruk word, verskyn die woorde “Kondig Jehovah se Koninkryk aan”.

As ’n wyse persoon wil jy tog seker ingeligte besluite oor jou lewe neem (Spreuke 18:13). Ons nooi jou dus persoonlik uit om meer oor die glorieryke Koninkryk van God te leer en wat dit vir jou kan beteken. Met dié doel moet jy nie weier om oor die Bybel te praat nie. Geen ander gesprek kan leersamer, interessanter en belangriker wees nie.—Johannes 17:3.

[Venster/Prente op bladsy 8, 9]

Beloftes van ’n paradysaarde

Algehele vrede sal op aarde heers. “In sy dae sal die regverdige bloei en volheid van vrede, totdat die maan nie meer is nie.”—Psalm 72:7, 8.

Selfs die dooies sal opgewek word. ‘Daar gaan ’n opstanding van die regverdiges sowel as die onregverdiges wees.’—Handelinge 24:15.

Ons sal vir ewig volmaakte gesondheid geniet. “[God] sal elke traan van hulle oë afvee, en die dood sal daar nie meer wees nie, en ook verdriet en geskreeu en pyn sal daar nie meer wees nie.”—Openbaring 21:3, 4.

Mense sal hulle eie huise bou en bewoon. “Hulle sal huise bou en bewoon, en wingerde plant en die vrug daarvan eet.”—Jesaja 65:21.

Voedsel sal volop wees. “Daar sal volop graan op die aarde wees; op die top van die berge sal daar ’n oorvloed wees.”—Psalm 72:16, NW.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel