Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g98 12/8 bl. 31
  • Hemelse prag

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hemelse prag
  • Ontwaak!—1998
  • Soortgelyke materiaal
  • Wie of wat is “die Alfa en die Omega”?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • ’n Piepklein reus
    Ontwaak!—1991
  • Hoe Jehovah sy belofte van die Paradys waarborg
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2023
  • Die sterre en die mens—Is daar ’n verband?
    Ontwaak!—1994
Sien nog
Ontwaak!—1998
g98 12/8 bl. 31

Hemelse prag

Onder die pragtigste verskynsels in die hemel is bolvormige sterswerms. Hulle bevat elkeen van tienduisend tot honderdduisende sterre. Daar is ongeveer 100 bekende bolvormige sterswerms in ons Melkwegstelsel.

In ons omgewing van die Melkweg is die sterre gemiddeld vier tot vyf ligjare uit mekaar.a In ’n bolvormige sterswerm is die sterre styf teen mekaar geleë, ongeveer ’n tiende van ’n ligjaar uit mekaar.

Die sterswerm op die foto is Omega Centauri. Met die blote oog lyk dit na ’n enkele ster. Maar deur ’n groot teleskoop kan ’n mens sien dat dit ’n skitterende sterswerm is, sowat ’n miljoen sterre altesaam. Omega Centauri kan die beste in die Suidelike Halfrond gesien word, maar op lente- en someraande kan dit tot in die middel-noorderbreedtes waargeneem word, waar dit laag teen die suidelike hemel sit.

Die deursnee van Omega Centauri is ongeveer 150 ligjare; dit sal ongeveer 150 jaar neem vir lig om van die onderpunt van die foto na die bopunt te beweeg! Die afstand van die aarde tot by Omega Centauri word op 17 000 ligjare geskat.

Daar is eeue lank gemeen dat Omega ’n enkele ster is. In die 17de eeu het die Duitse amateursterrekundige Johann Bayer dit na die Griekse letter omega (ω) genoem. Maar dit is eers in 1677 dat die Engelse sterrekundige Edmond Halley gesien het dat dit ’n bolvormige sterswerm is.

In die Noordelike Halfrond is M13, in die sterrebeeld Herkules, een van die beste sterswerms om na te kyk. Dit bevat ongeveer eenmiljoen sterre en is 4000 ligjare verder van ons af weg as Omega Centauri. Daarom lyk dit kleiner.

As jy ’n geleentheid kry om deur ’n taamlike groot teleskoop na ’n bolvormige sterswerm te kyk, moet jy dit gerus doen. Dit is een van die indrukwekkendste skeppings wat jy in die naghemel kan sien.

[Voetnoot]

a Een ligjaar is gelyk aan 9460 530-000 000 kilometer.

[Prente op bladsy 31]

Omega Centauri

[Erkenning]

National Optical Astronomy Observatories

[Prent op bladsy 31]

M13

[Erkenning]

Melkwegstelsel en M13: Met vergunning van United States Naval Observatory

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel