Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g98 7/8 bl. 31
  • Wanneer dood werklik dood beteken

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wanneer dood werklik dood beteken
  • Ontwaak!—1998
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat gebeur met ons afgestorwe dierbares?
    Kennis wat tot die ewige lewe lei
  • Moet jy die dooies vrees?
    Ontwaak!—2009
  • Beoefen geloof wat tot die ewige lewe lei
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Watter hoop vir afgestorwe dierbares?
    Watter hoop vir afgestorwe dierbares?
Sien nog
Ontwaak!—1998
g98 7/8 bl. 31

Wanneer dood werklik dood beteken

“’n Lewendige hond is beter as ’n dooie leeu. Want die lewendes weet dat hulle moet sterwe, maar die dooies weet glad niks nie, en hulle het geen loon meer nie, want hulle nagedagtenis word vergeet.”—Prediker 9:4, 5.

BAIE mense het die een of ander vae opvatting oor ’n siel wat ná die dood voortleef of wat deur reïnkarnasiekringlope gaan. Party glo selfs dat ’n mens kan terugkeer nadat jy die dood ondervind het. Thomas Lynch, ’n lykbesorger, is onlangs gevra wat hy oor die kwessie van die hiernamaals dink. Hy het gesê: “Daardie mense wat tonnels lig ensovoorts sien, het nie uit die dood teruggekeer nie—hulle was bloot in ’n toestand waar ons nie hulle lewensfunksies kan monitor nie. Want jy is ‘dood’ wanneer jy nie terugkom nie.”—The New York Times Magazine.

Die Bybel is al millenniums lank reg. “’n Lewendige hond is beter as ’n dooie leeu. Want die lewendes weet dat hulle moet sterwe, maar die dooies weet glad niks nie, en hulle het geen loon meer nie, want hulle nagedagtenis word vergeet” (Prediker 9:4, 5). ’n Kort stappie deur enige ou begraafplaas sal spoedig daardie waarheid bevestig.

Beteken dit dat daar absoluut geen hoop vir die dooies is nie? Die Bybel bied beslis geen grondslag vir geloof in ’n onsterflike siel wat ná die dood voortleef nie (Genesis 2:7; Esegiël 18:4, 20). Maar Jesus Christus het ’n opstanding tot lewe op ’n herstelde paradysaarde verkondig. Sy Joodse volgeling Marta, wie se broer, Lasarus, kort tevore gesterf het, het aan die opstanding geglo, want sy het van Lasarus gesê: “Ek weet dat hy in die opstanding op die laaste dag sal opstaan” (Johannes 11:24). Hierop het Jesus geantwoord: “Ek is die opstanding en die lewe. Wie geloof in my beoefen, sal lewend word, selfs al sterf hy; en elkeen wat lewe en geloof in my beoefen, sal nóóit sterf nie. Glo jy dit?” (Johannes 11:25, 26). Vroeër het hy gesê: “Moet julle nie hieroor verwonder nie, want die uur kom waarin almal wat in die gedenkgrafte is sy stem sal hoor en sal uitkom, dié wat goeie dinge gedoen het tot ’n opstanding van die lewe, dié wat veragtelike dinge beoefen het tot ’n opstanding van oordeel.” Maar let op dat Jesus geen melding van ’n onsterflike siel gemaak het nie!—Johannes 5:28, 29; Lukas 23:43.

[Lokteks op bladsy 31]

“Jy is ‘dood’ wanneer jy nie terugkom nie.” Thomas Lynch, lykbesorger

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel