Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g98 3/8 bl. 31
  • ’n Godsdienskermis

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Godsdienskermis
  • Ontwaak!—1998
  • Soortgelyke materiaal
  • “’n Gedenkteken vir die Duiwel self”
    Ontwaak!—2002
  • Hulle het geweier om neer te buig
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Waarom wonderwerke as sodanig nie geloof voortbring nie
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Kon Jesus geloof in God gehad het?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
Sien nog
Ontwaak!—1998
g98 3/8 bl. 31

’n Godsdienskermis

Deur Ontwaak!-medewerker in Italië

IN Februarie 1995 het gerugte aangaande ’n sogenaamde hedendaagse wonderwerk die rondte begin doen: Daar is glo gesien hoe ’n Maria-beeld in Civitavecchia trane van bloed huil. Sedertdien het Katolieke van oor die hele wêreld pelgrimstogte onderneem om self die beeld te sien.

Maar volgens die koerant La Repubblica is baie Katolieke ongelukkig oor die “kermisatmosfeer” wat by die toeristeplek heers. Selfs ’n aantal teoloë is besorg oor die menigtes wat toestroom om die beeld te vereer. Luigi Pizzolato, ’n dosent aan die Katolieke Universiteit van Milaan, kritiseer byvoorbeeld die kerk omdat dit tevrede is met geloof “wat op emosies gegrond” is. Hy sê dat die vrugte wat deur hierdie sogenaamde wonderwerk voortgebring word “deur bygeloof bederf” word. ’n Ander teoloog, Carlo Molari, herinner ons daaraan dat “’n sekere Simon die Towenaar, wat in die Nuwe Testament gemeld word, buitengewone kragte gebruik om sy eie oogmerke te bevorder—om geld te maak, soos ons vandag sal sê”.—Handelinge 8:9-24.

Jesus het sy dissipels gewaarsku om op hulle hoede te wees vir diegene wat “groot tekens en wonders” sou verrig (Matteus 24:3, 24). Selfs wanneer sulke tekens eg lyk, kan ’n Christen se geloof nie op veronderstelde wonderwerke gegrond wees nie (Hebreërs 11:1, 6). Jy verkry eerder ’n vaste geloof deur juiste kennis van God se Woord op te doen en die raad daarin toe te pas (Johannes 17:3; Romeine 10:10, 17; 2 Timoteus 3:16). Wil jy graag daardie soort geloof hê? Laat Jehovah se Getuies jou help wanneer hulle jou weer besoek.

[Foto-erkenning op bladsy 31]

AGF/La Verde

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel