Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g94 8/8 bl. 31
  • Landmyne—’n wêreldwye bedreiging

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Landmyne—’n wêreldwye bedreiging
  • Ontwaak!—1994
  • Soortgelyke materiaal
  • Landmyne—Die prys wat betaal word
    Ontwaak!—2000
  • ’n Tree weg van die dood
    Ontwaak!—2000
  • Hoe oorlog kinderlewens verwoes
    Ontwaak!—1997
  • Vrees—Nou algemeen, maar nie vir altyd nie!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
Sien nog
Ontwaak!—1994
g94 8/8 bl. 31

Landmyne—’n wêreldwye bedreiging

DUISENDE onskuldige mans, vroue en kinders word elke maand in meer as 60 lande deur landmyne vermink, en party sterf. Daar word geraam dat personeelmyne meer mense beseer of laat sterf het as chemiese, biologiese en kernoorlogvoering. Volgens die navorsingsorganisasie Human Rights Watch is ongeveer 30 000 mense in Kambodja alleen deur landmyne vermink.

Hierdie klein ploftoestelle is tydens verskeie oorloë in die grond geplant en die meeste van hulle is nooit verwyder nie. Na raming is ongeveer 100 miljoen van hulle steeds in meer as 60 lande begrawe. Hulle kan ontplof as daar net op hulle getrap word, en hulle is so gewild in oorlogvoering omdat hulle goedkoop en doeltreffend is. Een soort kos maar net R10. ’n Ander soort wat 700 staalballe uitskiet en dodelik is tot op 40 meter, kos slegs R93. Die aanvraag is so groot, berig The New York Times, dat 48 nasies nou 340 verskillende soorte maak en verkoop. En meer word elke dag geplant as wat deur skoonmaakoperasies onskadelik gestel kan word.

Om landmyne te verwyder, is ’n ingewikkelde en duur proses omdat baie weermagte nie hulle mynvelde karteer nie; en al hoe meer landmyne word van hout, plastiek en ander materiale gemaak sodat hulle nie deur metaalverklikkers opgespoor kan word nie. Die Amerikaanse senator Patrick Leahy, wat ’n verbod op die uitvoer van hierdie wapens bepleit het, het gesê: “In Nederland word mense steeds deur Duitse landmyne uit die Tweede Wêreldoorlog gedood. Dink net hoeveel erger dit is in Afganistan, Kambodja, Angola, Bosnië en al die ander lande wat met landmyne oortrek is.”

Slegs God se inkomende nuwe wêreld sal sulke probleme oplos. Sy Woord belowe: ‘God laat oorloë ophou tot by die einde van die aarde, hy verbreek die boog en die spies slaan hy stukkend, die strydwaens verbrand hy met vuur.’—Psalm 46:10.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel