Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g94 8/8 bl. 32
  • Tydskrifte wat in vandag se behoeftes voorsien

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Tydskrifte wat in vandag se behoeftes voorsien
  • Ontwaak!—1994
Ontwaak!—1994
g94 8/8 bl. 32

Tydskrifte wat in vandag se behoeftes voorsien

Die Wagtoring en die Ontwaak!—waarvan daar maandeliks 58 miljoen eksemplare in meer as honderd tale gedruk word—doen juis dit. ’n Waarderende leser het geskryf:

“Baie dankie dat julle artikels publiseer wat oor die werklike vraagstukke handel waarvoor baie mense te staan kom.” Hy het ook gesê:

“Namate die einde van hierdie wêreld nader kom, het mense empatie, begrip en insig nodig om hulle te help om hulle probleme te bowe te kom. Die Wagtoring en die Ontwaak! bespreek al hoe meer die redes waarom mense soms nie daarin slaag nie . . .

“Die meeste mense wil doen wat reg is, maar hulle worstel dikwels met frustrasies, skuldgevoelens, negatiewe emosies, vrese, ’n lae selfbeeld, swak dinkgewoontes en ’n gevoel van magteloosheid. Julle artikels help baie mense om beheer oor hulle lewe en emosies te herwin. . . .

“Ek wil julle veral bedank vir die Ontwaak! van 22 Januarie 1994 wat oor ‘Kommunikasie in die huwelik’ gehandel het. In plaas van ’n afgesaagde bespreking oor die belangrikheid van kommunikasie ondersoek julle die redes waarom mans en vrouens mekaar nie verstaan nie. Deur die een helfte van die bevolking te help om die ander helfte te verstaan, het julle ’n groot diens aan die mens en aan die godgegewe huweliksreëling bewys.”

As jy ’n eksemplaar van Die Wagtoring en die Ontwaak! per pos wil ontvang, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 of na die gepaste adres op bladsy 5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel