Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g94 3/8 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1994
  • Soortgelyke materiaal
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1994
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1994
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1994
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1994
Sien nog
Ontwaak!—1994
g94 3/8 bl. 30

Van ons lesers

Eensaamheid Dankie vir die artikels “Eensaamheid—Wat jy daaromtrent kan doen” (22 September 1993). Ek het van die eerste tot die laaste bladsy gehuil. Die artikel het my die kans gegee om die gevoelens wat ek die afgelope tyd ondervind het noukeurig te beskou. Ek besef nou dat ek nie die enigste persoon is wat eensaam voel nie. Ek hoop net dat ek julle raad in my lewe sal kan toepas.

S. G., Verenigde State

Hierdie artikels het my diep getref. Ek is al vir major depressie behandel en vind dat eensaamheid my grootste vyand is. ’n Depressiewe persoon het ’n daaglikse stryd teen hierdie stille doder. Artikels soos hierdie is soos om die lig aan die einde van ’n tonnel te sien.

G. P., Verenigde State

Ek is 21 jaar oud en dien as ’n bedieningskneg in ’n gemeente van Jehovah se Getuies. Ek het ook as ’n pionier (voltydse evangeliedienaar) gedien. Maar ek voer dikwels ’n stryd teen eensaamheid. Julle artikels was ’n antwoord op my gebede. Ons gemeentelike ouere manne was baie liefdevol en behulpsaam, maar nou besef ek hoe ek myself kan help. Ek het baie veranderinge in my gesindheid en optrede aangebring.

R. P., Verenigde State

Ek het onlangs die probleem van eensaamheid begin ondervind. Ek kan julle nie sê hóé desperaat ek gevoel het nie. Maar kan julle julle voorstel hoe verbaas ek was om die Ontwaak! van 22 September 1993 te ontvang? Ek was sprakeloos! Ek het Jehovah daarvoor gedank en dit gelees so gou as wat ek kon. Dankie vir hierdie goeie artikels met hulle wyse raad.

C. F., Engeland

Liefdesverhale Ek was verstom toe ek die brokkie “Liefdesverhale met ’n verskil” in “Ons beskou die wêreld” (22 Oktober 1993) gesien het. Voordat ek die Bybel begin bestudeer het, het ek hierdie verhale oor homoseksuele liefde geskryf. Toe ek die brokkie lees, het dit my getref dat ek steeds oor daardie verhale dink en soms nuwe verhale in my verbeelding vorm. Aangesien julle oor hierdie onderwerp geskryf het, kon ek hierdie gedagtegang uiteindelik stopsit.

S. S., Japan

Godsdiensvervolging Geen ander lewensverhaal het my só ontroer nie, soos die een “O Jehovah, laat my dogtertjie tog getrou bly!” (22 September 1993). Dit het die oortuiging dat Jehovah my altyd sal onderskraag, ongeag wat ek moet deurmaak om my onkreukbaarheid te handhaaf, dieper in my verstand en hart laat posvat.

C. D., Verenigde State

Dit was onmoontlik om nie deur hierdie lewensverhaal ontroer te word nie. Ons dogter Esther het gedink die artikel was wonderlik! Mag Jehovah ons kinders help om net so ’n sterk geloof te hê!

A. C., Frankryk

Dankie vir die artikel “Seëvierend in die aangesig van die dood” (8 Mei 1993). Ons geniet godsdiensvryheid in ons land. Maar ek bid dat ek die voorbeeld van hierdie broers kan volg en my onkreukbaarheid kan handhaaf wat ander soort ontberinge betref.

S. M., Brasilië

Waardering vir kunswerke Toe ek die prent van God se nuwe wêreld op die voorblad van die Ontwaak! van 22 Oktober 1993 gesien het, was ek oorstelp van vreugde. Ek kon nie ophou om na die prent te kyk nie en het gebid dat ek daar sal kan wees. ’n Paar dae later het ek weer daarna gekyk, en dit het dieselfde uitwerking op my gehad. Dankie vir sulke wonderlike bemoediging.

S. H., Verenigde State

Ek weet nie wie julle kunstenaars is nie, maar hulle werk is werklik indrukwekkend! In julle boeke en publikasies is daar van die pragtigste kunswerke wat ek al ooit gesien het. Ek is self ’n kunstenaar en ek kan kuns waardeer wat waarlik uitstaande is.

D. W., Verenigde State

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel