Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g93 7/22 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat is fout met my musiek?
    Ontwaak!—1993
  • Waak teen skadelike musiek!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • Kan musiek my regtig benadeel?
    Ontwaak!—1993
  • Onskadelike pret of gif vir die verstand?
    Ontwaak!—1993
Sien nog
Ontwaak!—1993
g93 7/22 bl. 30

Van ons lesers

Kriminele onreg Ek wil julle graag vertel hoe ek ’n ouer nommer van die Ontwaak! gebruik het. My dogter is met ’n vuurwapen aangehou terwyl haar motor geskaak is. Die dief is skuldig bevind, maar die aanklag dat hy ’n vuurwapen gebruik het, is afgewys. Ek was ontmoedig, maar kon namens my dogter spreek toe hy gevonnis moes word. Ek het vroeër op die artikel “Is misdadigheid lonend?” (8 Augustus 1985) afgekom. Deur die materiaal in die venster getiteld “Die kriminele onregstelsel” te gebruik, het ek aan die hof gesê: “Die misdadiger het ’n keuse—om ’n misdaad te pleeg of nie. Die slagoffer het geen keuse nie.” Die dief is tronk toe gestuur en is die maksimumvonnis opgelê.

D. M., Verenigde State

Ouers wat hulle kinders afskeep Baie dankie vir die artikel “Jongmense vra . . . Waarom toon my ouers nie groter belangstelling in my nie?” (8 November 1992). Trane het oor my wange gerol terwyl ek dit gelees het. ’n Paar maande gelede het ek afgeskeep gevoel en dus opstandig geword. Ek dink ek het baie innerlike woede gehad en ek het seergemaak gevoel. Die artikel het my waarlik laat dink oor wat gebeur het. Dankie dat julle genoeg vir ons as jongmense omgee om hierdie noodsaaklike inligting te voorsien.

N. C., Verenigde State

Die artikel het my tienjarige dogter se hart bereik. As ’n enkelouer probeer ek so hard, maar ek het nie altyd die energie en geduld om my daaglikse spanning te verwerk nie. Ná ek die inligting met haar bespreek het, het sy beter verstaan hoe ek partykeer voel. Ons het albei gehuil en sy het besef dat ek haar werklik liefhet.

C. L., Verenigde State

Die kruin van Europa Ek wil julle bedank vir die artikel “Per spoor na die kruin van Europa” (8 Desember 1992). Dit het my aangespoor om die Jungfraujoch, naby Interlaken, Switserland, te besoek. Op die hoogte van 3454 meter bo seevlak kon ek die prag van God se handewerk en die ontsaglikheid van die sneeubedekte berge meer waardeer.

P. L., Italië

Musiek Ek is 12 jaar oud. Die artikel “Jongmense vra . . . Wat is fout met my musiek?” was baie nuttig (8 Februarie 1993). Dit was vir my ook moeilik om my musiek af te skakel, en ek het selfs daarna geluister terwyl ek gestudeer het. Ek het ook heelwat laserplate wat nie baie gepas is nie, en ek het al baie keer met my ouers daaroor gestry. Toe ek lees hoe dit my beïnvloed om na musiek te luister, het ek gevoel of my hart met ’n mes deurboor word. Ek oorweeg dit nou om ontslae te raak van enige laserplaat wat slegte dinge bevat. Baie dankie.

M. H., Japan

Ek het die artikel buitengewoon aktueel gevind. Dit is ongelooflik hoe talle jongmense toelaat dat hulle betrokke raak by liedjies en style kleredrag wat opstandigheid bevorder. Hierdie artikels is waarlik ’n beskerming vir ons as jong Christene.

M. M., Italië

Die artikel het rap-musiek in ’n baie ongunstige lig gestel. Elke nou en dan kom ek saam met ander jongmense bymekaar, en ons speel rap. Ek gee toe dat daar liedjies met slegte lirieke is. Maar om oor rap-musiek te veralgemeen, is nie reg nie.

B. R., Duitsland

Die artikel het nie “rap” as ’n musiekvorm voor die voet veroordeel nie. Dit het eerder daarteen gewaarsku om betrokke te raak by enige musiekvorm waarvan die algehele boodskap en gees nie met Bybelstandaarde strook nie. Die bewyse toon duidelik dat “rap”-musiek in hierdie opsig ver te kort skiet.—RED.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel