Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g93 2/8 bl. 31
  • Vryheidsaanwyser

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vryheidsaanwyser
  • Ontwaak!—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Vry volk maar met verantwoordelikheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Moenie die doel van godgegewe vryheid mis nie
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Dien Jehovah, die God van vryheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) — 2018
  • Welkom by die “Liefhebbers van Vryheid”-Streekbyeenkomste!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
Sien nog
Ontwaak!—1993
g93 2/8 bl. 31

Vryheidsaanwyser

DIE VNOP (Verenigde Nasies-ontwikkelingsprogram) het ’n “Vryheidsaanwyser vir mense” gepubliseer wat toon hoeveel vryheid die bevolkings in 88 verskillende lande geniet. Die aanwyser is op die 40 regte en vryhede gegrond wat in die Universele Verklaring insake Menseregte uiteengesit is en ken een punt vir elke vryheid aan ’n land toe.

Volgens The Courier, ’n tydskrif wat deur die Europese Gemeenskap uitgegee word, is party vryhede waarna die VNOP gekyk het: die reg om vreedsaam bymekaar te kom en met mekaar te assosieer; vryheid van godsdiensverpligting of staatsideologie in skole; vryheid om alle boeke te kan publiseer; vryheid van eiemagtige beslaglegging op persoonlike eiendom en die persoonlike reg om enige godsdiens te beoefen. Hoe vaar die lande?

Hoewel geen land 40 punte behaal het nie, was Swede en Denemarke die naaste met 38 punte, en Nederland was derde met 37 punte. Onderaan die lys was lande wat maar een of twee punte behaal het. Een land wat heel laaste op die lys was, het geen punte behaal nie. Daar moet egter daarop gelet word, sê die VNOP-verslag, dat “die Aanwyser betrekking het op hoe die stand van sake in 1985 was” en dat die wêreld sedertdien baie meer vryheid verwerf het.

Die Nederlandse tydskrif Internationale Samenwerking sê dat “ontwikkelende lande soos Costa Rica (18de plek), Papoea-Nieu-Guinee (20ste) en Venezuela (22ste) hoër punte op hierdie lys behaal het as die Europese lande Ierland (23ste) en Spanje (24ste)”.

Ter afsluiting sê die verslag dat vryheid en ontwikkeling gewoonlik met mekaar verband hou. Dit lyk asof die meeste lande wat ’n groot mate van vryheid het ’n hoë vlak van menslike ontwikkeling geniet, terwyl lande met min vryheid dikwels ook met swak ontwikkeling belas is. Die VNOP-verslag sê: “Vryheid laat mense vrye teuels aan hulle skeppende energie gee om ekonomiese geleenthede vir hulle en hulle gemeenskappe aan te gryp.”

Die 40 vryhede wat die VNOP as gewenste doelwitte in die mensegemeenskap opgenoem het, het natuurlik nie vryheid van die verderflike gevolge van siekte, ouderdom en die dood ingesluit nie. Slegs God se Koninkryk in die hande van sy Seun, Jesus Christus, sal vir ons sulke vryhede gee. Die Bybel belowe dat “ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God”.—Romeine 8:21.

[Prent op bladsy 31]

Toe die Berlynse Muur afgebreek is, het dit groter vryheid in Oos-Europa beteken

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel