“Julle gee werklik vir mense om”
Dit was die gevolgtrekking waartoe ’n man in Kalifornië, VSA, gekom het wat dit geniet om die Wagtoringgenootskap se publikasies te lees. Hy skryf die volgende oor die boek Die grootste mens wat nog geleef het:
“Ek lees dit nou ’n tweede keer, en dit is net nooit vervelig nie. Die boek is nie net baie leersaam nie, maar die kleurillustrasies is so lewensgetrou. Elke prentjie laat my dink dat ek in Jesus se tyd leef.
“Die demoonbesete man in die illustrasie in hoofstuk 45 lyk byvoorbeeld werklik wild en gevaarlik. Maar dit wys hoe Jesus onbevrees aan wal gaan en die demoniese geeste uitdryf . . .
“Al die tekeninge van die haatlike Joodse leiers is ’n ware kunswerk. Hulle wys hoe woedend iemand kan lyk wanneer hy voor Jesus te staan kom en nogtans nie sy sondige weë wil laat vaar nie. Ek kan nog baie meer sê. . . . Julle gee werklik vir mense om . . .
“Ek is nie een van Jehovah se Getuies nie, maar geniet dit baie om Die Wagtoring en die Ontwaak! te ontvang. Ek wag gretig vir elke nommer, en wanneer dit kom, is dit die beste deel van my dag se pos. Die Ontwaak! van 22 Junie verdien werklik ’n toekenning! ‘Kinderopvoeding in ’n onsedelike wêreld’ kon nie ’n tydiger onderwerp gewees het nie. . . .
“Ek is 35 jaar oud en het tot die besef gekom dat hierdie ou wêreld in groot moeilikheid verkeer. Ek is bly dat julle nie doekies omdraai nie en vir mense sê wat God daarvan dink.”
Jehovah se Getuies is ’n internasionale organisasie van meer as viermiljoen Bybelstudente wat hulle daarop toelê om mense te help om meer omtrent God se voornemens te leer. As jy graag meer inligting of ’n gratis tuisbybelstudie wil hê, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 of aan die gepaste adres op bladsy 5.
[Prent op bladsy 32]
THE GREATEST MAN WHO EVER LIVED