Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g90 4/8 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1990
  • Soortgelyke materiaal
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1990
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1991
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1990
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1990
Sien nog
Ontwaak!—1990
g90 4/8 bl. 30

Van ons lesers

Selfdoenprojekte Julle artikel (8 November 1989) was baie interessant, maar besef julle dat die man wat die skuifleer klim dit verkeerd om gebruik? Dit is baie gevaarlik.

G. R. H., Brittanje

Dankie dat jy ons aandag daarop gevestig het. Die skuifgedeelte van skuiflere behoort altyd aan die buitekant te wees—nie aan die binnekant, soos verkeerdelik in ons foto getoon word nie.—RED.

Ouers wat baklei Ek het die artikel “Jongmense vra . . . Wat moet ek doen as my ouers baklei?” (8 Desember 1989) gelees. Hoewel ek nie meer so jonk is nie, kan ek onthou hoe my ouers gereeld baklei het. Die hele gesin kan ly wanneer ouers baklei. Maar ek besef nou dat jy die lyding vergroot as jy kant kies, soos ek gedoen het. Baie dankie vir die artikel.

G. H., Nederland

Satanisme Ek kan net innige dank uitspreek vir die artikel oor Satanisme (22 Oktober 1989). My ma het haar uiterlik goed voorgedoen, en baie mense het ’n hoë dunk van haar gehad. Maar sy was ’n lid van ’n groep mense wat demonisme beoefen het. Ek is blootgestel aan dinge soos seksuele mishandeling en dwelmmisbruik. Na jare se lyding het ek selfs probeer selfmoord pleeg. In alle geval, ek het nooit saam met haar sataniese gebruike beoefen nie en het later een van Jehovah se Getuies geword. Dit was vir my ma ’n groot slag omdat sy besef dat daar geen groter mag as Jehovah God is nie.

A. M., Verenigde State

Godsdiensgeskiedenis Nadat ek so pas die laaste artikel in die reeks “Godsdiens se toekoms met die oog op sy verlede” (22 Desember 1989) gelees het, moet ek eenvoudig skryf om te sê hoe baie ek die reeks waardeer het. Hoe baie het ek tog nie oor Boeddhisme, Hindoeïsme, Confucianisme en ander godsdienste geleer nie! Die Christendom se ontwikkeling tot op hede was in die besonder interessant. Ek kan nie net die omvang van die Christendom se betrokkenheid by oorloë en bloedvergieting duidelik sien nie, maar ek kan duideliker insien watter voorreg dit is dat ek die ware godsdiens gevind het.

G. V., Bondsrepubliek Duitsland

Die slotartikel in julle reeks was een van die mooiste artikels wat ek al in Ontwaak! gelees het in die bykans 40 jaar wat ek dit lees. Die artikel het onomwonde vertel van die ‘leuenagtige, bedrieglike, verraderlike en haatlike weë wat valse godsdiens lelik gemaak het in die oë van God sowel as dié van die mens’.

M. M., Spanje

Tien maniere om op te hou rook Ek het 40 jaar lank gerook en het deur middel van akupunktuur, hipnose en allerhande pille probeer om op te hou; dus het julle voorbladfoto van ’n kopbeen wat ’n sigaret rook, my diep getref (8 Julie 1989). Met behulp van gebed gaan ek ophou rook.

B. H., Verenigde State

Ek is amper 15 jaar oud. My onderwyser het ons gevra om aan tien redes te dink waarom ’n mens nie moet rook nie en tien idees te gee oor hoe om op te hou. Die Ontwaak!-artikels was vir my van groot hulp en ek was die enigste een wat antwoorde op al die vrae gevind het. Die onderwyser het my gelukgewens en my ’n goeie punt gegee.

S. C., Frankryk

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel