Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwbv artikel 51
  • Handelinge 1:8 – “Julle sal krag ontvang”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Handelinge 1:8 – “Julle sal krag ontvang”
  • Verduidelikings van Bybelverse
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Betekenis van Handelinge 1:8
  • Konteks van Handelinge 1:8
  • “Tot in die mees afgeleë deel van die aarde”
    ‘Getuig deeglik’ oor God se Koninkryk
  • Getuies tot aan die uiterste van die aarde
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • “Julle sal getuies van my wees”
    ‘Getuig deeglik’ oor God se Koninkryk
  • Honderde sien hom voor Pinkster
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
Sien nog
Verduidelikings van Bybelverse
ijwbv artikel 51

VERDUIDELIKINGS VAN BYBELVERSE

Handelinge 1:8 – “Julle sal krag ontvang”

“Julle sal krag ontvang wanneer die heilige gees op julle kom, en julle sal getuies van my wees in Jerusalem, in die hele Judea en Samaria en tot in die mees afgeleë deel van die aarde.” – Handelinge 1:8, Nuwe Wêreld-vertaling.

“Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.” – Handelinge 1:8, Ou Afrikaanse Bybelvertaling (1953).

Betekenis van Handelinge 1:8

Jesus belowe sy volgelinge dat hulle krag van God se heilige gees sal kry om hulle bediening tot in die mees afgeleë dele van die aarde uit te voer.

“Julle sal krag ontvang wanneer die heilige gees op julle kom.” Jesus herhaal die belofte wat hy vroeër aan sy dissipels gemaak het dat hulle hulp deur middel van God se geesa sou ontvang nadat hy teruggegaan het hemel toe (Johannes 14:16, 26). Tien dae nadat Jesus in 33 HJ opgevaar het hemel toe, het sy volgelinge die heilige gees gekry wat hy hulle belowe het (Handelinge 2:1-4). God se heilige gees het hulle nie net in staat gestel om in verskillende tale te praat en wonderwerke te doen nie, maar dit het hulle ook die vermoë gegee om met vrymoedigheid oor hulle geloof in Jesus te praat. – Handelinge 3:1-8; 4:33; 6:8-10; 14:3, 8-10.

“Julle sal getuies van my wees.” Die woord wat met “getuie” vertaal word, beskryf “iemand wat getuig” oor dinge wat hy self gesien het of persoonlik ondervind het. As ooggetuies van Jesus se lewe kon die apostels getuig oor die dinge wat plaasgevind het gedurende sy bediening sowel as by sy dood en opstanding (Handelinge 2:32; 3:15; 5:32; 10:39). Hulle duidelike getuienis het baie ander oortuig dat Jesus die Christus, die beloofde Messias, is (Handelinge 2:32-36, 41). Diegene wat die apostels geglo het, het getuies van Jesus geword, en hulle het weer vir ander vertel wat Jesus se lewe, dood en opstanding beteken het. – Handelinge 17:2, 3; 18:5.

“Tot in die mees afgeleë deel van die aarde.” Hierdie uitdrukking kan ook vertaal word met “tot die einde van die aarde” of “na ander lande”. Jesus se woorde wys hoe ver sy volgelinge sou reis om getuies van hom te wees. Hulle sou baie verder as Judea en Samaria gaan om ander te vertel wat hulle glo. Om die waarheid te sê, hulle het ’n groter gebied gedek en met meer mense gepraat as wat Jesus ooit gedoen het (Matteus 28:19; Johannes 14:12). Minder as 30 jaar nadat Jesus hierdie woorde gesê het, het die apostel Paulus geskryf dat die goeie nuus oor Jesus “verkondig is in die hele skepping wat onder die hemel is”, selfs in afgeleë plekke soos Rome, Partië (suidoos van die Kaspiese See) en Noord-Afrika. – Kolossense 1:23; Handelinge 2:5, 9-11.

Konteks van Handelinge 1:8

Die boek Handelinge begin deur dieselfde gebeure te beskryf wat aan die einde van die Evangelieverslag van Lukas opgeteken is (Lukas 24:44-49; Handelinge 1:4, 5). Die skrywer, die dissipel Lukas, begin sy verslag deur te beskryf hoe Jesus ná sy opstanding aan sy volgelinge verskyn het (Handelinge 1:1-3). Hy vertel dan hoe die Christengemeente begin het en hoe dit gegroei het gedurende die tydperk vanaf 33 HJ tot omtrent 61 HJ. – Handelinge 11:26.

Die konteks van Handelinge 1:8 wys dat Jesus se volgelinge gewonder het of Jesus as Koning van God se Koninkryk gedurende hulle leeftyd sou begin regeer (Handelinge 1:6). In reaksie hierop sê Jesus vir hulle dat hulle nie te bekommerd moet wees oor wanneer die Koninkryk opgerig sal word nie (Handelinge 1:7). Sy volgelinge moes eerder daarop fokus om van Jesus “tot in die mees afgeleë deel van die aarde” te getuig (Handelinge 1:8). Christene vandag volg dieselfde patroon deur ywerig die goeie nuus van God se Koninkryk te verkondig. – Matteus 24:14.

Lees Handelinge hoofstuk 1 in die Nuwe Wêreld-vertaling van die Bybel. Hierdie Bybel wat maklik is om te lees, bevat oudio-opnames, verduidelikende voetnote, kruisverwysings en in die aanhangsels kan jy ekstra inligting kry soos prente, diagramme en kaarte.

Kyk na hierdie kort video om ’n oorsig van die boek Handelinge te kry.

a God se heilige gees is sy krag in werking, sy werkende krag (Genesis 1:2). Vir meer inligting, sien die artikel “Wat is die heilige gees?”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel