Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwbv artikel 40
  • Spreuke 16:3 – “Laat jou werke aan die HERE oor”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Spreuke 16:3 – “Laat jou werke aan die HERE oor”
  • Verduidelikings van Bybelverse
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Betekenis van Spreuke 16:3
  • Konteks van Spreuke 16:3
  • Spreuke 22:6 – “Gee leiding aan ’n jongmens oor hoe hy moet leef”
    Verduidelikings van Bybelverse
  • Spreuke 3:5, 6 – “Steun nie op jou eie insig nie”
    Verduidelikings van Bybelverse
  • “Jou planne sal stewig bevestig word”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
  • Betroubare leiding vir vandag se jongmense
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
Sien nog
Verduidelikings van Bybelverse
ijwbv artikel 40

VERDUIDELIKINGS VAN BYBELVERSE

Spreuke 16:3 – “Laat jou werke aan die HERE oor”

“Vertrou alles wat jy doen, aan Jehovah toe, dan sal jou planne suksesvol wees.” – Spreuke 16:3, Nuwe Wêreld-vertaling.

“Laat jou werke aan die HERE oor, dan sal jou planne uitgevoer word.” – Spreuke 16:3, Ou Afrikaanse Bybelvertaling (1953).

Betekenis van Spreuke 16:3

Hierdie woorde in Spreuke verseker diegene wat die ware God aanbid dat hulle planne suksesvol sal wees as hulle op hom vertrou deur na sy leiding te soek en dit te volg.

“Vertrou alles wat jy doen, aan Jehovah toe.” Voordat aanbidders van Jehovaha besluite maak, soek hulle nederig vir leiding by hom (Jakobus 1:5). Hoekom? Om maar een ding te noem, mense het dikwels min of geen beheer oor die dinge wat hulle lewe raak nie (Prediker 9:11; Jakobus 4:13-15). En hulle het dalk nie die wysheid om hulle planne uit te voer nie. Daarom laat baie wyslik hulle planne aan God oor, of vertrou hulle dit aan hom toe. Hulle doen dit deur tot hom vir leiding te bid en deur volgens sy wil op te tree soos dit in sy geskrewe Woord, die Bybel, opgeteken is. – Spreuke 3:5, 6; 2 Timoteus 3:16, 17.

Die woorde “laat jou werke aan die HEREb oor” beteken letterlik om jou werke op die HERE te rol. Volgens ’n naslaanwerk beeld hierdie uitdrukking “’n man [uit wat] ’n las van sy eie rug oordra na iemand wat sterker is en dit beter sal kan dra”. Dié wat nederig op God vertrou, kan seker wees dat hy hulle sal help en ondersteun. – Psalm 37:5; 55:22.

Die uitdrukking “alles wat jy doen” beteken nie dat God elke plan wat mense dalk het, sal goedkeur of seën nie. Om Jehovah se seën te kry, moet hulle planne met sy standaarde sowel as sy wil ooreenstem (Psalm 127:1; 1 Johannes 5:14). God seën nie ongehoorsaamheid nie. Om die waarheid te sê, “hy laat die planne van die goddeloses misluk” (Psalm 146:9). Terselfdertyd ondersteun hy diegene wat wys dat hulle aan hom onderdanig is wanneer hulle die standaarde respekteer wat hy in die Bybel uiteengesit het. – Psalm 37:23.

“Dan sal jou planne suksesvol wees.” Party vertalings gee hierdie uitdrukking weer as “jou planne sal gevestig word”. In die Hebreeuse Geskrifte, wat gewoonlik die Ou Testament genoem word, dra die woord wat in Engels as “gevestig” vertaal word, die gedagte oor dat ’n fondasie gelê word. Dit verwys dikwels na die stabiliteit van God se skeppingswerke (Spreuke 3:19; Jeremia 10:12). Net so sal God die planne stewig vestig van mense wat doen wat reg is in sy oë. Hy help hulle om veilig te voel en om ’n stabieler en gelukkiger lewe te hê. – Psalm 20:4; Spreuke 12:3.

Konteks van Spreuke 16:3

Hierdie woorde in Spreuke is deur koning Salomo geskryf, wat die grootste deel van die boek Spreuke geskryf het. Hy kon duisende spreuke neerskryf as gevolg van sy godgegewe wysheid. – 1 Konings 4:29, 32; 10:23, 24.

In hoofstuk 16 begin Salomo deur God se wysheid te prys en te wys hoeveel hy dié haat wat trots is (Spreuke 16:1-5). Die hoofstuk help die leser dan om ’n belangrike waarheid te verstaan wat ons oor en oor in die boek Spreuke vind: Mense kan net regtig wys en suksesvol wees as hulle nederig is en toelaat dat God hulle voetstappe rig (Spreuke 16:3, 6-8, 18-23). Hierdie basiese waarheid word dikwels in die Bybel herhaal. – Psalm 1:1-3; Jesaja 26:3; Jeremia 17:7, 8; 1 Johannes 3:22.

Lees Spreuke hoofstuk 16 in die Nuwe Wêreld-vertaling van die Bybel. Hierdie Bybel wat maklik is om te lees, bevat oudio-opnames, verduidelikende voetnote, kruisverwysings en in die aanhangsels kan jy ekstra inligting kry soos prente, diagramme en kaarte.

Kyk na hierdie kort video om ’n oorsig van die boek Spreuke te kry.

a Jehovah is die persoonlike naam van God (Psalm 83:18). Sien die artikel “Wie is Jehovah?”

b Baie Bybelvertalings gebruik “die HERE” (met “HERE” in hoofletters) in plaas van God se naam. Om uit te vind hoekom hierdie algemene gebruik mense wat die Bybel lees, kan verwar, kyk na die artikel in hierdie reeks “Jesaja 42:8 – ‘EK is die HERE’”.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel