Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwbq artikel 159
  • Gaan diere hemel toe?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Gaan diere hemel toe?
  • Antwoorde op Bybelvrae
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Bybel se antwoord
  • Het diere siele?
  • Kan siele doodgaan?
  • Kan diere sondig?
  • Is dit reg om diere te mishandel?
  • Diere
    Ontwaak!—2015
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
  • Wreedheid teenoor diere—Is dit verkeerd?
    Ontwaak!—1998
  • Is God besorg oor diere?
    Ontwaak!—2011
Sien nog
Antwoorde op Bybelvrae
ijwbq artikel 159
’n Hond

Gaan diere hemel toe?

Die Bybel se antwoord

Die Bybel leer dat uit al die skepsele op aarde gaan net ’n beperkte getal mense hemel toe (Openbaring 14:1, 3). Hulle gaan daar as konings en priesters saam met Jesus regeer (Lukas 22:28-30; Openbaring 5:9, 10). Die meeste mense sal opgewek word tot lewe op ’n paradysaarde. – Psalm 37:11, 29.

Nêrens in die Bybel praat dit van ’n dierehemel of ’n hondehemel nie – en met goeie rede. Diere kan nie die nodige stappe neem om te kwalifiseer vir “die hemelse roeping” nie (Hebreërs 3:1). Hierdie stappe sluit die volgende in: om kennis in te neem, om geloof te beoefen en om gehoorsaam te wees aan God se gebooie (Matteus 19:17; Johannes 3:16; 17:3). Net mense is geskep met die hoop om vir ewig te lewe. – Genesis 2:16, 17; 3:22, 23.

Vir aardse skepsele om hemel toe te gaan, moet hulle ’n opstanding kry (1 Korintiërs 15:42). Die Bybel noem ’n hele paar opstandings (1 Konings 17:17-24; 2 Konings 4:32-37; 13:20, 21; Lukas 7:11-15; 8:41, 42, 49-56; Johannes 11:38-44; Handelinge 9:36-42; 20:7-12). Maar al hierdie opstandings was dié van mense, nie diere nie.

  • Het diere siele?

  • Kan siele doodgaan?

  • Kan diere sondig?

  • Is dit reg om diere te mishandel?

Het diere siele?

Nee. Die Bybel sê dat beide diere en mense siele is (Numeri 31:28). Toe die eerste man, Adam, geskep is, is hy nie ’n siel gegee nie, maar hy “het ’n lewende siel geword” (Genesis 2:7). ’n Siel bestaan uit twee dinge: die “stof van die aarde” en “die asem van die lewe”.

Kan siele doodgaan?

Ja, die Bybel leer dat siele kan doodgaan (Levitikus 21:11; Esegiël 18:20). Diere en mense word weer stof wanneer hulle doodgaan (Prediker 3:19, 20). Met ander woorde, hulle bestaan nie meer nie.

Kan diere sondig?

Nee. Om te sondig beteken jy dink, voel of doen iets wat nie volgens God se standaarde is nie. Om te kan sondig, moet ’n skepsel weet wat die verskil is tussen reg en verkeerd – iets wat ’n dier nie kan doen nie. Hulle doen dinge volgens instink gedurende hulle beperkte lewensduur (2 Petrus 2:12). Aan die einde van hulle lewe, gaan hulle dood, al het hulle nie gesondig nie.

Is dit reg om diere te mishandel?

Nee. God het die mens gesag oor die diere gegee, maar nie die reg om hulle te mishandel nie (Genesis 1:28; Psalm 8:6-8). God gee om vir elke liewe diere – insluitende klein voëltjies (Jona 4:11; Matteus 10:29). Hy het sy aanbidders die bevel gegee om vir die diere te sorg. – Eksodus 23:12; Deuteronomium 25:4; Spreuke 12:10.

Bybelverse oor diere

Genesis 1:28: “God [het die eerste mensepaar] geseën, en God het vir hulle gesê: ‘Wees vrugbaar en word baie en vul die aarde en onderwerp dit, en die visse van die see en die voëls van die hemel en al die diere wat op die aarde kruip, moet aan julle onderworpe wees.’”

Betekenis: God het die mens gesag oor die diere gegee.

Numeri 31:28: “En van die krygsmanne wat die veldtog onderneem het, moet jy as belasting . . . een siel uit vyfhonderd neem, van die mense en van die beeste en van die esels en van die kleinvee.”

Betekenis: Beide diere en mense is siele.

Spreuke 12:10: “Die regverdige sorg vir die siel van sy mak dier.”

Betekenis: Goeie mense sorg vir diere, insluitende hulle troeteldiere.

Matteus 10:29: “Word twee mossies nie vir ’n muntstuk van geringe waarde verkoop nie? Tog sal nie een van hulle sonder julle Vader se wete op die grond val nie.”

Betekenis: God gee om vir diere – selfs klein voëltjies.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel