Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwbq artikel 157
  • Wat sê die Bybel oor natuurrampe?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat sê die Bybel oor natuurrampe?
  • Antwoorde op Bybelvrae
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Bybel se antwoord
  • Hoekom kan ons seker wees dat God ons nie met natuurrampe straf nie?
  • Is natuurrampe ’n teken dat ons in die laaste dae lewe?
  • Hoe help God slagoffers van natuurrampe?
  • Natuurrampe—Waarom so algemeen?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Gebruik God natuurrampe om mense te straf?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Gebruik God vandag natuurrampe om die mensdom te straf?
    Ontwaak!—2012
  • Natuurrampe—Is God daarvoor verantwoordelik?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
Sien nog
Antwoorde op Bybelvrae
ijwbq artikel 157
’n Gesin kyk na ’n gebied wat deur ’n natuurramp vernietig is

Wat sê die Bybel oor natuurrampe?

Die Bybel se antwoord

God veroorsaak nie die natuurrampe wat vandag plaasvind nie, maar hy is besorg oor mense wat daardeur geraak word. God se Koninkryk sal ’n einde maak aan alle dinge wat pyn en lyding veroorsaak, insluitende natuurrampe. Intussen vertroos God dié wat deur natuurrampe geraak word. – 2 Korintiërs 1:3.

  • Hoekom kan ons seker wees dat God ons nie met natuurrampe straf nie?

  • Is natuurrampe ’n teken dat ons in die laaste dae lewe?

  • Hoe help God slagoffers van natuurrampe?

  • Kan die Bybel ons help om vir ’n natuurramp voor te berei?

  • Bybelverse om slagoffers van natuurrampe te vertroos

Hoekom kan ons seker wees dat God ons nie met natuurrampe straf nie?

Die manier hoe God natuurkragte in die Bybel gebruik het, verskil van die natuurrampe wat vandag plaasvind.

  • Natuurrampe vermink en maak mense dood, ongeag wie hulle is. Maar wanneer God natuurkragte gebruik het om mense te straf, was hy selektief. Toe God byvoorbeeld die eertydse stede Sodom en Gomorra vernietig het, het hy die goeie man Lot en sy twee dogters gered (Genesis 19:29, 30). God het die harte gelees van die mense van daardie tyd en het net dié vernietig wat hy as goddeloos beskou het. – Genesis 18:23-32; 1 Samuel 16:7.

  • Natuurrampe vind gewoonlik plaas met min of geen waarskuwing. Maar God het die goddelose mense gewaarsku voordat hy natuurkragte teen hulle gebruik het. Die mense wat na die waarskuwing geluister het, het ’n kans gehad om die natuurramp vry te spring. – Genesis 7:1-5; Matteus 24:38, 39.

  • Mense het tot ’n mate bygedra tot natuurrampe. Hoe? Deur die natuurlike omgewing te beskadig en in gebiede te bou waar daar gewoonlik aardbewings, vloede en uiterste weerstoestande is (Openbaring 11:18). God kan nie blameer word vir sulke besluite nie. – Spreuke 19:3.

Is natuurrampe ’n teken dat ons in die laaste dae lewe?

Ja, Bybelprofesieë wys dat daar rampe gedurende “die voleinding van die stelsel van dinge” of “die laaste dae” sou wees (Matteus 24:3; 2 Timoteus 3:1). Jesus het byvoorbeeld oor ons tyd gesê: “Daar sal voedseltekorte en aardbewings op die een plek na die ander wees” (Matteus 24:7). God gaan binnekort ’n einde maak aan alle dinge wat pyn en lyding veroorsaak, insluitende natuurrampe. – Openbaring 21:3, 4.

Hoe help God slagoffers van natuurrampe?

  • God vertroos slagoffers deur sy Woord, die Bybel. Die Bybel verseker ons dat God vir ons omgee en dat hy hartseer voel wanneer ons ly (Jesaja 63:9; 1 Petrus 5:6, 7). Dit vertel ons ook van sy belofte dat daar ’n tyd sal wees wanneer natuurrampe nie meer daar sal wees nie. – Sien “Bybelverse om slagoffers van natuurrampe te vertroos”.

  • God help slagoffers deur middel van sy aanbidders. God gebruik sy aanbidders op die aarde om Jesus se voorbeeld na te volg. Daar is voorspel dat Jesus “die gebrokenes van hart” en “al die treurendes” sou vertroos (Jesaja 61:1, 2). Aanbidders van God probeer ook om dit te doen. – Johannes 13:15.

    God gebruik ook sy aanbidders om slagoffers van natuurrampe op praktiese maniere te help. – Handelinge 11:28-30; Galasiërs 6:10.

Jehovah se Getuies herstel ’n huis in Puerto Rico

Jehovah se Getuies help orkaanslagoffers in Puerto Rico

Kan die Bybel ons help om vir ’n natuurramp voor te berei?

Ja. Al is die Bybel nie ’n handboek om ons vir rampe voor te berei nie, bevat dit beginsels wat ons kan help. Byvoorbeeld:

  • Beplan vooruit vir moontlike rampe. Die Bybel sê: “Skerpsinnig is die een wat die rampspoed gesien en hom verberg het” (Spreuke 22:3). Dit is ’n goeie idee om te beplan wat ons gaan doen voordat ons in ’n gevaarlike situasie beland. Sulke beplanning sluit dalk in om ’n noodhulpkissie gereed te hê en om met jou gesin te bespreek waar julle sal ontmoet as daar ’n ramp sou plaasvind.

  • Die lewe is kosbaarder as besittings. Die Bybel erken: “Ons het niks in die wêreld ingebring nie, en ook kan ons niks uitdra nie” (1 Timoteus 6:7, 8). Ons moet bereid wees om ons huis en besittings agter te laat om na veiligheid te vlug. Ons moet onthou dat ons lewe belangriker is as enige materiële besittings. – Matteus 6:25.

Bybelverse om slagoffers van natuurrampe te vertroos

Genesis 18:25: “Dit is ondenkbaar ... dat [God] op hierdie manier handel om die regverdige saam met die goddelose dood te maak ... Sal die Regter van die hele aarde nie doen wat reg is nie?”

Betekenis: God doen altyd wat reg is. Hy kan nie blameer word wanneer goeie mense sterf as gevolg van natuurrampe nie.

Psalm 46:1, 2: “God is vir ons ’n toevlug en sterkte, ’n hulp wat gedurende benoudhede maklik gevind kan word. Daarom sal ons nie vrees nie, al ondergaan die aarde ’n verandering.”

Betekenis: Ongeag wat rondom ons gebeur, ons kan op God vertrou om ons te help om sterk te wees.

Jesaja 63:9: “In al hulle benoudheid het dit vir hom benoudheid veroorsaak.”

Betekenis: God het empatie – dit maak hom hartseer wanneer ons ly.

Johannes 5:28, 29: “Die uur kom waarin almal wat in die gedenkgrafte is, [Jesus se] stem sal hoor en sal uitkom.”

Betekenis: Ons kan die hoop hê om ons geliefdes wat gesterf het, weer te sien omdat God Jesus die vermoë sal gee om hulle weer lewend te maak.

1 Petrus 5:6, 7: “Verneder julle dan onder die magtige hand van God ... terwyl julle al julle sorge op hom werp, want hy sorg vir julle.”

Betekenis: God is baie besorg oor ons, en hy wil hê dat ons tot hom moet bid oor ons bekommernisse.

Openbaring 21:4: “[God] sal elke traan van hulle oë afvee, en die dood sal daar nie meer wees nie, en ook verdriet en angsgeroep en pyn sal daar nie meer wees nie. Die vorige dinge het verbygegaan.”

Betekenis: God gaan ’n einde maak aan alle dinge wat pyn en lyding veroorsaak, insluitende natuurrampe.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel