Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwbq artikel 155
  • Wat sê die Bybel daaroor om te gee?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat sê die Bybel daaroor om te gee?
  • Antwoorde op Bybelvrae
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Bybel se antwoord
  • Wanneer is dit goed om te gee?
  • Wanneer is dit sleg om te gee?
  • “God het ’n blymoedige gewer lief”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
  • Gee jy graag aan ander?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Jehovah het blymoedige gewers lief
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Geniet die voordele wat dit inhou om te gee
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2017
Sien nog
Antwoorde op Bybelvrae
ijwbq artikel 155
’n Man hou ’n geskenk vas

Wat sê die Bybel daaroor om te gee?

Die Bybel se antwoord

Die Bybel moedig mense aan om vrywillig en vir die regte redes te gee. Dit wys dat wanneer iemand dit doen, word nie net die ontvanger bevoordeel nie, maar ook die gewer (Spreuke 11:25; Lukas 6:38). Jesus het gesê: “Dit verskaf groter geluk om te gee as om te ontvang.” — Handelinge 20:35.

  • Wanneer is dit goed om te gee?

  • Wanneer is dit sleg om te gee?

  • Bybelverse oor vrygewigheid

Wanneer is dit goed om te gee?

Dit is goed om te gee as dit vrywillig gedoen word. Die Bybel sê: “Laat elkeen doen net soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie teësinnig of onder dwang nie, want God het ’n blymoedige gewer lief.” — 2 Korintiërs 9:7.

Wanneer ons uit die hart gee, is dit deel van “die vorm van aanbidding” wat God goedkeur (Jakobus 1:27). Iemand wat behoeftige mense vrygewig help, werk hand aan hand met God. God beskou sulke vrygewigheid as iets wat aan hom geleen word (Spreuke 19:17). Die Bybel wys dat God die persoon wat gee, sal terugbetaal. — Lukas 14:12-14.

Wanneer is dit sleg om te gee?

Wanneer dit vir selfsugtige redes gedoen word. Voorbeelde sluit in:

  • Om mense te beïndruk. — Matteus 6:2.

  • Om iets daaruit te kry. — Lukas 14:12-14.

  • Om redding te probeer koop. — Psalm 49:6, 7.

As die geskenk gebruik word vir dinge wat God veroordeel. Byvoorbeeld, dit sou verkeerd wees om vir iemand wat dobbel of dwelms of alkohol misbruik, geld te gee (1 Korintiërs 6:9, 10; 2 Korintiërs 7:1). Dit is ook nie gepas om vir iemand te gee wat homself finansieel kan help, maar weier om dit te doen nie. — 2 Tessalonisense 3:10.

As dit inmeng met iemand se godgegewe verantwoordelikhede. Die Bybel wys dat gesinshoofde vir hulle gesinne moet sorg (1 Timoteus 5:8). Dit sou verkeerd wees as ’n gesinshoof soveel vir ander gee dat sy eie gesin as gevolg hiervan swaarkry. Net so het Jesus mense veroordeel wat geweier het om na hulle bejaarde ouers te kyk omdat hulle gesê het dat al hulle besittings “’n gawe [is] wat aan God gewy is”. — Markus 7:9-13.

Bybelverse oor vrygewigheid

Spreuke 11:25: “Die vrygewige siel sal vet gemaak word, en wie ander ryklik verkwik, sal ook ryklik verkwik word.”

Betekenis: Om te gee, bevoordeel nie net die ontvanger nie, maar ook die gewer van die geskenk.

Spreuke 19:17: “Hy wat aan die geringe guns betoon, leen aan Jehovah, en Hy sal hom vir sy handelswyse beloon.”

Betekenis: God voel dat hy diegene wat behoeftige mense help, moet beloon, en hy belowe om hulle vir sulke vrygewigheid te seën.

Matteus 6:2: “Wanneer jy . . . barmhartigheidsgawes gee, moet jy nie ’n trompet voor jou blaas net soos die huigelaars . . . doen, sodat hulle deur die mense verheerlik kan word nie.”

Betekenis: Ons moenie gee net om aandag te kry nie.

Handelinge 20:35: “Dit verskaf groter geluk om te gee as om te ontvang.”

Betekenis: Vrygewigheid wat uit die hart kom, maak ’n mens gelukkig.

2 Korintiërs 9:7: “Laat elkeen doen net soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie teësinnig of onder dwang nie, want God het ’n blymoedige gewer lief.”

Betekenis: Wanneer ons vrywillig gee, maak dit God se hart bly.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel