Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwyp artikel 80
  • Wat kan ek doen sodat my ouers my kan vertrou?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat kan ek doen sodat my ouers my kan vertrou?
  • Jongmense vra
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat jy moet weet
  • Wat jy kan doen
  • Waarom vertrou my ouers my nie?
    Ontwaak!—2008
  • Wat kan ek doen om meer vryheid te kry?
    Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, Deel 1
  • 10 Staatmaker
    Ontwaak! — 2018
  • Waarom is daar soveel reëls?
    Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, Deel 2
Sien nog
Jongmense vra
ijwyp artikel 80
’n Tienermeisie vra haar ouers of sy met haar vriende kan uitgaan

JONGMENSE VRA

Wat kan ek doen sodat my ouers my kan vertrou?

  • Wat jy moet weet

  • Wat jy kan doen

  • Wat ander jongmense sê

Wat jy moet weet

Die hoeveelheid vertroue wat jy kry, hang af van hoe betroubaar jy is. Om jou ouers se reëls te gehoorsaam is soos om skuld af te betaal. Jy skuld jou ouers jou gehoorsaamheid en as jy betroubaar is en jou ‘skuld betaal’, sal hulle jou heel moontlik ‘krediet’ (of vryheid) gee. Maar as jy nie betroubaar is nie, moenie verbaas wees as jou ouers jou ‘krediet verminder’ nie.

Dit kan tyd neem vir jou ouers om jou te vertrou. Jy moet wys dat jy verantwoordelik is voordat jou ouers jou meer vryheid sal gee.

WAT EEN JONGMENS SÊ: “Toe ek ’n tiener was, het ek presies geweet wat my ouers van my verwag. So ek het gemaak asof ek hierdie dinge doen, maar agteraf het ek eintlik gedoen wat ek wil. Dit het dit moeilik gemaak vir my ouers om my te vertrou. Ná ’n ruk het ek geleer dat daar net een manier is om meer vryheid te kry. Jy moet betroubaar wees om vertrou te word.” — Craig.

Wat jy kan doen

Praat die waarheid selfs as dit seermaak. Almal maak foute, maar as jy dit toesmeer met leuens (of nie die hele waarheid praat nie), sal jy jou ouers se vertroue in jou heeltemal vernietig. Maar as jy die reputasie opbou van iemand wat heeltemal eerlik is, sal jou ouers sien dat jy volwasse genoeg is om te erken wanneer jy foute maak. En dit is die tipe persoon wat vertrou kan word.

“Jy sal nie altyd vertroue verloor omdat jy foute maak nie, maar jy sal altyd vertroue verloor as jy dit probeer wegsteek.” — Anna.

Die Bybel sê: ‘Ons wil ons in alles eerlik gedra.’ — Hebreërs 13:18.

  • Dink hieraan: Vertel jy jou ouers die hele waarheid as hulle vir jou vra waarheen jy gaan en wat jy gaan doen? Of as jou ouers jou vra waar jy was en wat jy gedoen het, los jy details uit en vertel jy hulle minder as wat hulle eintlik moet weet?

Wees verantwoordelik. Wees gehoorsaam aan al die huisreëls. Doen jou takies op tyd. Wees op tyd vir afsprake. Doen jou bes as dit by jou skoolwerk kom. Moenie laat by die huis kom nie.

“As jou ouers jou toelaat om by jou vriende te kuier, maar jou vra om negeuur die aand by die huis te wees, en jy kom halfelf daar aan, dan kan jy nie verwag dat hulle jou weer sal toelaat om saam met jou vriende te gaan kuier nie!” — Ryan.

Die Bybel sê: “Elkeen sal sy eie vrag [verantwoordelikheid] dra.” — Galasiërs 6:5.

  • Dink hieraan: Wat is jou reputasie wanneer dit by dinge kom soos om op tyd te wees, jou takies klaar te maak en reëls te gehoorsaam, selfs die reëls waarvan jy nie hou nie?

Wees geduldig. As jy jou ouers se vertroue verloor het, sal dit tyd vat om dit terug te kry. Wees bereid om te wag.

“Ek was gefrustreerd toe my ouers my nie meer verantwoordelikheid op ’n sekere ouderdom wou gee nie. Ek het nie besef dat om ouer te word, nie dieselfde is as om groot te word nie. Ek het my ouers gevra om my ’n kans te gee om myself te bewys. Dit het ’n rukkie gevat, maar dit het gewerk. En ek het geleer dat mense jou nie sal vertrou as gevolg van jou ouderdom nie, maar eerder as gevolg van wat jy doen.” — Rachel.

Die Bybel sê: “Stel julleself voortdurend op die proef.” — 2 Korintiërs 13:5.

  • Dink hieraan: As jy wil hê dat jou ouers jou moet vertrou (of weer moet vertrou), wat is party van die dinge wat jy kan doen om jouself te bewys?

PROBEER DIE VOLGENDE: Stel ’n doelwit, of dit nou is om op tyd te wees vir afsprake, takies klaar te maak, betyds by die huis te wees of enigiets anders. Laat jou ouers weet van hierdie doelwit en vra hulle wat jy moet doen om hulle vertroue te kry. Dan moet jy hard werk om te doen wat die Bybel hier sê: ‘Lê die ou persoonlikheid af, wat met julle vroeëre lewenswandel ooreenkom’ (Efesiërs 4:22). Soos die tyd verbygaan, sal jou ouers sien dat jy jou bes probeer!

Wat ander jongmense sê

Phoebe

“Moenie jou ouers se vertroue misbruik nie. Sê altyd vir hulle wat in jou lewe aangaan. Luister dan na wat hulle sê oor die keuses wat jy maak. As hulle sien dat jy goeie besluite maak, sal hulle jou meer vertrou.” — Phoebe.

Kyle

“Jy moet iets doen om vertrou te word. As jou ouers jou nie vertrou nie, het hulle gewoonlik ’n goeie rede daarvoor. Wanneer hulle jou wel vertrou, doen hulle dit nie net om jou tevrede te stel nie. Hulle doen dit om hulle weet dat jy goeie besluite sal maak.” — Kyle.

Cortlan

“Praat altyd die waarheid met jou ouers en vertel hulle alles. Moenie details wegsteek wat maak dat hulle aanhou vrae moet vra om uit te vind wat aangaan nie. Help hulle om die hele prentjie te sien. Hulle sal jou meer vertrou as jy hulle al die feite gee.” — Cortlan.

Rachel

“Neem die eerste stap. Doen jou takies sonder dat jy gevra hoef te word, en doen selfs meer as wat van jou verwag word. Kom vroeër huis toe as wat jou ouers jou gevra het om by die huis te wees. Die beste manier om hulle vertroue te kry, is om te wys dat jy vertrou kan word.” — Rachel.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel