Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwbq artikel 131
  • Wat sê die Bybel oor grimering en juwele?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat sê die Bybel oor grimering en juwele?
  • Antwoorde op Bybelvrae
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Bybel se antwoord
  • Fisiese versiering is nie verkeerd nie
  • Wat mense sê oor grimering en juwele
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Moet vroue hulle skoonheid verberg?
    Ontwaak!—2005
  • Hoe kan ek grimering reg gebruik?
    Ontwaak!—1990
  • Wanneer sal my ouers my toelaat om grimering te dra?
    Ontwaak!—1990
Sien nog
Antwoorde op Bybelvrae
ijwbq artikel 131
’n Vrou met ’n kettinkie om haar nek

Wat sê die Bybel oor grimering en juwele?

Die Bybel se antwoord

Hoewel die Bybel nie die dra van grimering, juwele of enige ander soort versiering in detail bespreek nie, sê dit nie dat dit verkeerd is nie. Maar in plaas daarvan om te konsentreer op hoe ’n persoon fisies lyk, beklemtoon die Bybel eerder “die onverderflike versiering van die stille en sagmoedige gees”.—1 Petrus 3:3, 4.

Fisiese versiering is nie verkeerd nie

  • Getroue vroue in die Bybel het hulleself versier. Rebekka, wat met Abraham se seun Isak getrou het, het ’n goue neusring, goue armbande en ander duur juwele gedra. Dit was ’n geskenk van haar toekomstige skoonpa (Genesis 24:22, 30, 53). Ester het ook skoonheidsbehandelings en “masserings” aanvaar om haar voor te berei om moontlik die koningin van die Persiese Ryk te word (Ester 2:7, 9, 12). Hierdie behandelings het blykbaar die gebruik van verskillende soorte “skoonheidsmiddele” of “skoonheidsbehandeling” ingesluit.—Ou Afrikaanse Bybelvertaling (1953); Nuwe Afrikaanse Bybelvertaling (1983).

  • Bybelse illustrasies vergelyk juwele met iets positiefs. ’n Persoon wat goeie raad gee, word byvoorbeeld vergelyk met “’n oorring van goud . . . vir die horende oor” (Spreuke 25:12). God het ook die manier waarop hy die nasie van Israel behandel het, vergelyk met ’n man wat sy bruid versier met armbande, oorringe en ’n ketting om haar nek. Hierdie versiering het die nasie “baie, baie mooi” gemaak.—Esegiël 16:11-13.

Wat mense sê oor grimering en juwele

Wat mense sê: In 1 Petrus 3:3 verduidelik die Bybel dat “haarvlegtery en . . . die omhang van goue sierade” verkeerd is.

Wat die Bybel sê: In die konteks van hierdie vers beklemtoon die Bybel die waarde van innerlike skoonheid in teenstelling met ’n pragtige voorkoms of versiering (1 Petrus 3:3-6). Hierdie teenstelling word ook op ander plekke in die Bybel gemaak.—1 Samuel 16:7; Spreuke 11:22; 31:30; 1 Timoteus 2:9, 10.

Wat mense sê: Die feit dat slegte koningin Isebel “haar oë . . . geverf” het of oogskaduwee gebruik het, bewys dat dit verkeerd is om grimering te gebruik.—2 Konings 9:30.

Wat die Bybel sê: Isebel was veroordeel omdat sy moord gepleeg het en towery beoefen het, nie omdat sy grimering gedra het nie.—2 Konings 9:7, 22, 36, 37.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel