Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwbq artikel 78
  • Bestaan God werklik?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bestaan God werklik?
  • Antwoorde op Bybelvrae
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Bybel se antwoord
  • Is daar ’n God? Maak dit ’n verskil?
    Ontwaak!—2015
  • ’n Unieke bron van hoër wysheid
    Wat is die doel van die lewe—Hoe kan jy dit vind?
  • Ek is nie gelukkig met my lewe nie—Kan godsdiens, God of die Bybel help?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Die Skepper kan jou lewe sinvoller maak
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
Sien nog
Antwoorde op Bybelvrae
ijwbq artikel 78
Die son se strale skyn deur die wolke

Bestaan God werklik?

Die Bybel se antwoord

Ja, die Bybel voorsien oortuigende bewyse dat God werklik bestaan. Dit spoor ons aan om geloof in God op te bou, nie deur blindelings godsdienstige bewerings te glo nie, maar deur ons “denkvermoë”, of “intellektuele vermoë”, te gebruik (Romeine 12:1; 1 Johannes 5:20). Kyk na die volgende redenasies wat op die Bybel gegrond is:

  • Die bestaan van ’n ordelike heelal wat lewe bevat, dui op die bestaan van ’n Skepper. Die Bybel sê: “Elke huis word natuurlik deur iemand gebou, maar hy wat alles gebou het, is God” (Hebreërs 3:4). Hierdie logika is wel eenvoudig, maar vir baie geleerdes is dit oortuigend.a

  • As mense het ons ’n ingebore begeerte om die betekenis en doel van die lewe te verstaan, ’n honger wat kan voortduur selfs nadat ons fisiese behoeftes bevredig is. Dit is deel van wat die Bybel ons “geestelike behoefte” noem, wat die begeerte insluit om God te ken en te aanbid (Matteus 5:3; Openbaring 4:11). Hierdie geestelike behoefte bewys nie net dat God bestaan nie, maar dit toon ook dat hy ’n liefdevolle Skepper is wat wil hê dat ons hierdie behoefte moet bevredig.—Matteus 4:4.

  • Breedvoerige profesieë in die Bybel is eeue voor die tyd opgeteken en is vervul presies soos voorspel is. Die akkuraatheid en fyn besonderhede van hierdie voorspellings is ’n kragtige bewys dat dit ’n bomenslike bron het.—2 Petrus 1:21.

  • Die planeet Aarde soos vanuit die ruimte gesien

    Bybelskrywers het wetenskaplike kennis besit wat hulle tydgenote nie gehad het nie. Byvoorbeeld, in die ou tyd het baie volke geglo dat die aarde ondersteun word deur ’n dier, soos ’n olifant, ’n wildevark of ’n os. Maar die Bybel sê van God: “Hy . . . hang die aarde op aan niks” (Job 26:7). En die Bybel beskryf die vorm van die aarde akkuraat as ’n “sfeer”, of “bol” (Jesaja 40:22, voetnoot in NW; Douay Version). Volgens baie mense is die redelikste verklaring vir sulke gevorderde kennis dat Bybelskrywers hulle inligting van God ontvang het.

  • Die Bybel beantwoord talle moeilike vrae, die soort vrae wat iemand ’n ateïs kan laat word as hy geen bevredigende antwoorde daarop vind nie. Byvoorbeeld: As God liefdevol en almagtig is, waarom is daar dan lyding en boosheid in die wêreld? Waarom het godsdiens dikwels ’n slegte in plaas van ’n goeie invloed?—Titus 1:16.

a Byvoorbeeld, die oorlede sterrekundige Allan Sandage het eenkeer aangaande die heelal gesê: “Ek dink dit is hoogs onwaarskynlik dat sulke orde uit chaos kon voortkom. Hierdie orde moet die een of ander bron hê. God is vir my ’n verborgenheid, maar hy is die verklaring vir die wonderwerk van bestaan, waarom daar iets in plaas van niks is.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel