Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwbq artikel 61
  • Amper-dood-ervarings—Wat beteken dit nie?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Amper-dood-ervarings—Wat beteken dit nie?
  • Antwoorde op Bybelvrae
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Bybel se antwoord
  • Wat gebeur na die dood?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Wat sal gebeur as ons doodgaan?
    Leer by die Groot Onderwyser
  • VRAE VAN LESERS
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
  • Ware hoop vir jou geliefdes wat gesterf het
    Wat leer die Bybel werklik?
Sien nog
Antwoorde op Bybelvrae
ijwbq artikel 61

Amper-dood-ervarings—Wat beteken dit nie?

Die Bybel se antwoord

Baie mense wat by die dood omgedraai het, sê dat hulle onthou dat hulle van hulle liggaam geskei is of dat hulle ’n helder lig of ’n plek van besondere prag gesien het. ‘Party beskou hierdie ervaring as ’n bevoorregte kykie in ’n ander bestaansryk’, sê die boek Recollections of Death. Al meld die Bybel nie sulke amper-dood-ervarings nie, bevat dit wel ’n grondwaarheid wat toon dat dit nie visioene van die volgende lewe is nie.

Die dooies weet niks.

Die Bybel sê: “Die dooies . . . is bewus van hoegenaamd niks” (Prediker 9:5). Ná die dood gaan ons nie oor na ’n ander vlak van bestaan of denke nie, maar eerder na ’n toestand van niebestaan. Die lering dat ons ’n onsterflike siel het wat ná die dood van ons liggaam voortleef, kom nie uit die Bybel nie (Esegiël 18:4). Enige herinneringe aan ’n amper-dood-ervaring kan dus nie ’n kykie in die hemel, hel of hiernamaals wees nie.

Wat het Lasarus oor die hiernamaals gesê?

Die Bybel se verslag van Lasarus beskryf ’n werklike doodservaring: Hy is deur Jesus opgewek nadat hy vier dae lank dood was (Johannes 11:38-44). As Lasarus lewe in die een of ander hiernamaals geniet het, sou dit wreed gewees het van Jesus om hom terug te bring tot lewe op die aarde. Maar volgens die Bybel het Lasarus niks gesê oor lewe in ’n hiernamaals nie. Lasarus sou ongetwyfeld oor sy lewe in ’n hiernamaals gepraat het as hy so ’n ervaring gehad het. Dit is betekenisvol dat Jesus Lasarus se dood as slaap beskryf het, wat daarop dui dat Lasarus van hoegenaamd niks bewus was terwyl hy dood was nie.—Johannes 11:11-14.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel