Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwbq artikel 38
  • Wat is God se wil vir my?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat is God se wil vir my?
  • Antwoorde op Bybelvrae
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Bybel se antwoord
  • Oor die ware God
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Wat is die doel van die lewe?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Bly na aan Jehovah
    Wat kan die Bybel ons leer?
  • Wie is Jesus Christus?
    Wat kan die Bybel ons leer?
Sien nog
Antwoorde op Bybelvrae
ijwbq artikel 38

Wat is God se wil vir my?

Die Bybel se antwoord

God se wil is dat jy hom as ’n Persoon leer ken, nader aan hom kom en hom dan met jou hele hart liefhet en dien (Matteus 22:37, 38; Jakobus 4:8). Jy kan leer hoe om God se wil te doen deur te kyk na Jesus se lewe en leringe (Johannes 7:16, 17). Jesus het nie net oor God se wil gepraat nie—hy het dit ook uitgeleef. Trouens, Jesus het gesê: “Ek het uit die hemel neergedaal, nie om my wil te doen nie, maar die wil van hom wat my gestuur het.”—Johannes 6:38.

Het ek ’n spesiale teken, visioen of roeping nodig om te weet wat God se wil vir my is?

Nee, want die Bybel bevat God se boodskap aan die mens. Daarin is alles wat jy nodig het om “ten volle toegerus vir elke goeie werk” te wees (2 Timoteus 3:16, 17). God wil hê dat jy die Bybel sowel as jou “denkvermoë” moet gebruik om uit te vind wat sy wil vir jou is.—Romeine 12:1, 2; Efesiërs 5:17.

Kan ek werklik God se wil doen?

Ja, jy kan, want die Bybel sê: “God se gebooie is nie vir ons te moeilik nie” (1 Johannes 5:3, Easy-to-Read Version). Dit wil nie sê dat dit altyd maklik is om God se gebooie te gehoorsaam nie. Maar die voordele wat dit vir jou inhou, oortref verreweg die inspanning wat dit van jou verg. Jesus het gesê: “Gelukkig is dié wat die woord van God hoor en dit gehoorsaam!”—Lukas 11:28, Good News Translation.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel