Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwfq artikel 61
  • Hoe gebruik Jehovah se Getuies donasies?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe gebruik Jehovah se Getuies donasies?
  • Algemene vrae oor Jehovah se Getuies
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Voorbeelde van ons bedrywighede
  • Hoe word ons bediening gefinansier?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • ‘Vul jou hand met ’n geskenk aan Jehovah’
    Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2018
  • Hoekom moet ons gee aan die Een wat alles het?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) — 2018
  • Hoe word ons wêreldwye werk gefinansier?
    Wie doen vandag Jehovah se wil?
Sien nog
Algemene vrae oor Jehovah se Getuies
ijwfq artikel 61
Collage: Verskillende humanitêre en godsdiensbedrywighede van Jehovah se Getuies wat deur donasies ondersteun word. 1. Getuies bou ’n Koninkryksaal. 2. ’n Getuie wat ’n noodlenigingsvrywilliger is, gee bottels water vir ’n vrou wat dit nodig het. 3. Naby ’n lektuurtrollie praat ’n Getuie met ’n vrou oor ’n onderwerp in die “Geniet die lewe vir ewig!”-brosjure.

Hoe gebruik Jehovah se Getuies donasies?

Ons gebruik donasies om die humanitêre en godsdiensbedrywighede van ons organisasie te ondersteun. Ons voer hierdie bedrywighede uit as deel van ons hoofdoel, om mense te help om dissipels van Christus Jesus te word. – Matteus 28:19, 20.

Ons gebruik nooit donasies om enige iemand ryk te maak nie. Ons betaal nie ouermanne of enige geestelikes nie, en Jehovah se Getuies word nie betaal om van huis tot huis te gaan nie. Diegene wat by ons takkantore en wêreldhoofkwartier dien, insluitende die Bestuursliggaam, is deel van ’n godsdiensorde en ontvang nie salarisse nie.

Voorbeelde van ons bedrywighede

  • Uitgewers: Ons vertaal, druk, versend en versprei miljoene Bybels en ander Christelike publikasies elke jaar sonder dat mense daarvoor hoef te betaal. Ons digitale publikasies op die jw.org-webwerf en die JW Library-app is ook beskikbaar sonder koste, en daar is geen advertensies nie.

    Een van Jehovah se Getuies werk in ’n drukkery en maak seker van die gehalte van ’n Bybel wat pas gedruk is.
  • Konstruksie en instandhouding: Ons bou en hou eenvoudige plekke van aanbidding regoor die wêreld in stand sodat ons gemeentes gepaste plekke het waar hulle bymekaar kan kom en God kan loof. Ons doen dieselfde vir takkantore en vertaalkantore. Baie van hierdie werk word deur vrywilligers gedoen, wat minder geld kos.

    ’n Getuie doen voorbereiding vir bouwerk buite ’n gebou wat gebruik word vir aanbidding.
  • Administrasie: Die bedrywighede by ons wêreldhoofkwartier, takkantore en vertaalkantore, sowel as die bedrywighede van diegene wat as reisende bedienaars dien, word deur donasies aan ons wêreldwye werk ondersteun.

    Een van Jehovah se Getuies doen administratiewe werk by ’n lessenaar.
  • Predikingswerk: Getuies word nie betaal om die goeie nuus te verkondig of om “die woord van God” vir ander te leer nie (2 Korintiërs 2:17). Maar net soos die eerste-eeuse Christene, word bedienaars wat gekies en opgelei is om die meeste van hulle tyd aan die predikingswerk toe te wy, finansieel ondersteun. Hulle word voorsien met eenvoudige behuising en die basiese dinge in die lewe. – Filippense 4:16, 17; 1 Timoteus 5:17, 18.

    ’n Getuiepaartjie neem deel aan die bediening. Hulle wys ’n Bybelgebaseerde video vir ’n man.
  • Onderrigting: Die koste van ons byeenkomste word deur donasies gedek. Ons maak ook Bybelgebaseerde oudio- en videoprogramme. Ons hou ook skole waar ouermanne en voltydse bedienaars opgelei word om doeltreffender te wees in hulle toewysings.

    Mense by ’n byeenkoms kyk na ’n video in ’n groot stadion.
  • Noodlenigingspogings: Ons voorsien kos, water en behuising aan diegene wat geraak is deur mensgemaakte en natuurrampe. Hierdie noodlenigingswerk help nie net “ons medegelowiges” nie, maar ook mense wat nie Getuies is nie. – Galasiërs 6:10.

    Baie Getuies maak noodlenigingsvoorraad bymekaar.
    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel