Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mrt artikel 81
  • Hoe God vir die dowes sorg

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe God vir die dowes sorg
  • Nog onderwerpe
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe God die dowes beskou
  • Hoe Jehovah se Getuies die dowes vandag help
  • Watter hulpmiddele vir Bybelonderrigting voorsien ons?
  • ’n Taal wat jy sien!
    Ontwaak!—1998
  • ‘Jehovah het sy aangesig teenoor hulle laat skyn’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Waardeer jou dowe broers en susters!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Die dowes loof Jehovah
    Ontwaak!—1997
Sien nog
Nog onderwerpe
mrt artikel 81
Een van Jehovah se Getuies by ’n straatkafee wys vir ’n vrou ’n video in gebaretaal. Die vrou is gelukkig terwyl sy na die video kyk.

Hoe God vir die dowes sorg

Vandag is daar ongeveer 70 miljoen mense regoor die wêreld wat doof is, en baie van hulle gebruik een van die meer as 200 gebaretale om te kommunikeer. Ongelukkig word dowe mense baie keer deur ander onregverdig behandel, soos die volgende wys:

  • “Regoor die wêreld word die regte van dowe en hardhorende mense dikwels geïgnoreer.” – Die Nasionale Vereniging vir Dowes (VSA).

  • “Dowe mense in ontwikkelende lande is van die armste mense in die wêreld, en dit is moeilik vir hulle om die regte opvoeding, werk en inligting te kry.” – Die Wêreldfederasie vir Dowes.

Hoe voel God oor dowe mense? Wat sê die Bybel oor die dowes? En hoe help Jehovah se Getuies hulle vandag?

Hoe God die dowes beskou

Die Bybel wys dat Jehovaha God vir die dowes omgee. Hy wil hê dat hulle regverdig behandel moet word en moet baat vind by die opvoeding wat hy voorsien.

Bybelteks: “Jy mag nie ’n dowe persoon vervloek . . . nie.” – Levitikus 19:14.

Betekenis: Jehovah se Wet aan die eertydse Israeliete het die regte van die dowes beskerm.

Bybelteks: “God [is] nie partydig . . . nie.” – Handelinge 10:34.

Betekenis: Jehovah gee om vir mense van alle kulture, agtergronde en tale, insluitende dowe mense.

Bybelteks: “Jesus het op ’n reis gegaan . . . en die goeie nuus van die Koninkryk verkondig.” – Matteus 9:35.

Betekenis: Jesus het aarde toe gekom om mense oor God se Koninkryk te leer en wat dit vir die hele mensdom sal beteken, insluitende die dowes. – Matteus 6:10.

Bybelteks: Jesus het “selfs die dowes [laat] hoor en die stommes [laat] praat”. – Markus 7:37.

Betekenis: Jesus het gewys wat God se Koninkryk sal doen wanneer die dowes weer sal kan hoor en praat. By hierdie geleentheid het Jesus liefdevol gebare gebruik om met die dowe man te kommunikeer voordat hy sy gehoor en spraak herstel het. – Markus 7:31-35.

Bybelteks: “Die ore van die dowes sal kan hoor.” – Jesaja 35:5.

Betekenis: Jehovah het voorspel dat die dowes sal hoor. – Jesaja 29:18.

Hoe Jehovah se Getuies die dowes vandag help

Jehovah se Getuies deel God se boodskap van hoop met dowe mense regoor die wêreld. Wat doen ons om dit reg te kry? Ons voorsien die Bybel en Bybelstudie-video’s in meer as 100 gebaretale. Ons bied ook Bybelonderrigting aan en reël Christelike vergaderinge in gebaretaal. Ons maak dit alles gratis beskikbaar vir enige iemand wat God se hulp soek. Hoekom? Omdat Jesus beveel het: “Julle het verniet ontvang, verniet moet julle gee.” – Matteus 10:8.

Jy kan aanlyn toegang kry tot hierdie hulpmiddele of dit op jou toestel aflaai deur die volgende te gebruik:

Die taal-ikoon van jw.org.

JW.ORG. Kliek op die taal-ikoon bo-aan enige bladsy op die webwerf om inligting in ’n spesifieke gebaretaal te kry.

Die logo van die “JW Library”-app.

JW Library-app. Installeer hierdie gratis app op jou toestel, en dan sal jy video’s in meer as 100 gebaretale kan aflaai of stroom.

Watter hulpmiddele vir Bybelonderrigting voorsien ons?

Die Bybel in gebaretaal. Die Nuwe Wêreld-vertaling van die Bybel in Amerikaanse Gebaretaal is die eerste volledige Bybel in gebaretaal in die wêreld. Die Nuwe Wêreld-vertaling is nou in sy geheel of gedeeltelik in baie gebaretale beskikbaar, met nog tale wat elke jaar bygevoeg word. (Om ’n lys van tale te sien of om na die Bybel aanlyn te kyk, sien die venster “Die Nuwe Wêreld-vertaling van die Bybel in gebaretaal”.)

  • Kyk na die video Die hele Nuwe Wêreld-vertaling van die Bybel is nou beskikbaar in Amerikaanse Gebaretaal om die werk te sien wat ons doen om die Bybel in gebaretaal beskikbaar te maak.

  • Installeer die JW Library-app vir ’n beter Bybellees-ondervinding. Hierdie app laat jou toe om na spesifieke tekste in die Bybel in gebaretaal te kyk.

  • Dmitro en Wita is dowe ouers, maar hulle kinders is nie doof nie. Vind uit hoe hulle gesin daarby baat vind om elke dag na die Bybel in gebaretaal te kyk.

Video’s wat mense oor die Bybel leer. Jehovah se Getuies het gebaretaal-video’s gemaak wat mense help om die Bybel se praktiese raad te verstaan en toe te pas vir . . .

  • Getroude paartjies en gesinne

  • Tieners en jongmense

  • Kinders

’n Persoonlike Bybelstudieprogram. Leer meer oor die Bybel se boodskap in gebaretaal teen jou eie pas met behulp van ’n persoonlike onderrigter. Vra vir ’n demonstrasie van hierdie gratis Bybelstudieprogram.

Jeson Senajonon bly in die Filippyne. Kyk hoe ons Bybelstudieprogram hom gehelp het om ’n goeie vriend van God te word.

Mario Antúnez gebruik gebaretaal.

Mario Antúnez was ’n pastoor in Honduras. Kyk hoe hy antwoorde op sy Bybelvrae gekry het, soos hy verduidelik het in sy verhaal “Ek het meer vrae as antwoorde gehad”.

Vergaderinge en geleenthede. Ons het gebaretaalgemeentes en -groepe regoor die wêreld waar dowe mense elke week bymekaarkom om te leer en te aanbid. Ons organiseer ook elke jaar groter gebaretaal-geleenthede vir Bybelonderrigting. By ons vergaderinge en geleenthede doen ons tasbare gebaretaal vir dié wat blind en doof is. Ons voorsien ook gratis braillepublikasies.

  • Vind ’n gemeente naby jou.

  • Leer meer oor ons jaarlikse byeenkomste.

  • Woon die Herdenking van Jesus se dood by, ons belangrikste geleentheid van die jaar.

José Luis Ayala bly in Mexiko. Hy is doof gebore en het later blind geword. Vind uit hoe hy gehelp is om ’n effektiewe onderrigter van die Bybel te word.

Die Nuwe Wêreld-vertaling van die Bybel in gebaretaal

Hierdie Bybel wat maklik is om te verstaan, is vanaf 1 Januarie 2026 in sy geheel of gedeeltelik beskikbaar in die volgende tale.

’n Oop Bybel.

Volledige Bybel

  • Amerikaanse Gebaretaal

  • Brasiliaanse Gebaretaal

  • Colombiaanse Gebaretaal

  • Italiaanse Gebaretaal

  • Koreaanse Gebaretaal

  • Mexikaanse Gebaretaal

  • Russiese Gebaretaal

’n Oop Bybel.

Christelike Griekse Geskrifte (“Nuwe Testament”)

  • Angolese Gebaretaal

  • Argentynse Gebaretaal

  • Britse Gebaretaal

  • Chileense Gebaretaal

  • Duitse Gebaretaal

  • Ecuadoriaanse Gebaretaal

  • Franse Gebaretaal

  • Indiese Gebaretaal

  • Indonesiese Gebaretaal

  • Japannese Gebaretaal

  • Malawiese Gebaretaal

  • Peruaanse Gebaretaal

  • Poolse Gebaretaal

  • Spaanse Gebaretaal

  • Suid-Afrikaanse Gebaretaal

  • Venezolaanse Gebaretaal

  • Zambiese Gebaretaal

  • Zimbabwiese Gebaretaal

’n Oop Bybel.

Individuele Bybelboeke

  • Australiese Gebaretaal (Auslan)

  • Chinese Gebaretaal

  • Filippynse Gebaretaal

  • Ghanese Gebaretaal

  • Kubaanse Gebaretaal

  • Mosambiekse Gebaretaal

  • Nigeriese Gebaretaal

Party Bybeltekste is ook in ander gebaretale beskikbaar.

a Jehovah is die persoonlike naam van God (Psalm 83:18). Sien die artikel “Wie is Jehovah?”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel