JenkoAtaman/stock.adobe.com
HOU AAN WAAK!
Redes hoekom ons hoop kan hê in 2023 – Wat sê die Bybel?
Aan die begin van die nuwe jaar, 2023, hoop ons almal dat goeie dinge met ons en ons families sal gebeur. Hoekom kan ons positief wees oor die toekoms?
Die Bybel gee hoop
Die Bybel het goeie nuus dat die probleme wat ons nou het, tydelik is en binnekort nie meer daar sal wees nie. Om die waarheid te sê, die Bybel is “geskryf sodat ons daaruit kan leer, sodat ons deur . . . die vertroosting uit die Skrif hoop kan hê”. – Romeine 15:4.
Om meer te leer oor wat die Bybel belowe, lees die artikel “’n Ware hoop vir ’n beter toekoms”.
’n Hoop wat jou nou kan help
Die hoop wat die Bybel gee kan soos “’n anker vir ons lewens” wees (Hebreërs 6:19, voetnoot). Daardie hoop kan ons stabiliseer. Dit kan ons help om die probleme wat ons nou het te hanteer, om ’n positiewe gesindheid te hê en om regtig gelukkig te wees. Byvoorbeeld:
Vind uit hoe die hoop in die Bybel ’n man gehelp het wat gesukkel het om verslawing te oorkom. Kyk die video Ek was moeg vir my lewenswyse.
Sien hoe die Bybel se hoop ons kan help wanneer ons ’n geliefde in die dood verloor. Kyk die video Vertroosting vir dié wat treur.
Versterk jou hoop
Baie mense hoop vir goeie dinge om te gebeur, maar hulle is nie seker of daardie hoop ooit ’n werklikheid sal word nie. Die beloftes in die Bybel is anders. Hoekom? Want die beloftes in die Bybel kom van Jehovah Goda, die Een “wat nie kan lieg nie” (Titus 1:2). Net Jehovah het die krag om al sy beloftes te vervul; hy kan “alles [doen] wat hy wil doen”. – Psalm 135:5, 6.
Ons nooi julle graag om baat te vind by die betroubare hoop wat die Bybel gee. Jy kan jou vertroue in daardie hoop versterk deur “die Skrif . . . deeglik [te] ondersoek” (Handelinge 17:11). Probeer ons gratis Bybelstudieprogram met ’n onderrigter om self uit te vind. Begin 2023 met ’n positiewe uitkyk!
a Jehovah is die persoonlike naam van God. – Psalm 83:18.