Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mrt artikel 59
  • Christene en oorlog – Wat sê die Bybel?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Christene en oorlog – Wat sê die Bybel?
  • Nog onderwerpe
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat die Bybel regtig sê
  • Christene en oorlog vandag
  • Godsdiens en die oorlog in Oekraïne – Wat sê die Bybel?
    Nog onderwerpe
  • 2022: ’n Jaar vol probleme – Wat sê die Bybel?
    Nog onderwerpe
  • Rusland val Oekraïne binne
    Nog onderwerpe
  • Tweede jaar van oorlog in Oekraïne – Watter hoop gee die Bybel?
    Nog onderwerpe
Sien nog
Nog onderwerpe
mrt artikel 59
’n Priester seën ’n militêre vegvliegtuig deur heilige water daarop te sprinkel.

YURI LASHOV/AFP via Getty Images

HOU AAN WAAK!

Christene en oorlog – Wat sê die Bybel?

Soos ons gesien het gedurende die oorlog in Oekraïne, moedig Christenleiers mense aan om kant te kies in die oorlog. Let op hoe die geestelikes albei kante van die oorlog ondersteun:

  • “Groot eer en waardering vir al ons vegters wat hulle land Oekraïne teen die aanvaller verdedig . . . Ons harte, opregte gebede en ondersteuning is altyd met julle.” – Aartsbiskop Epiphanius I van Kijif, soos berig in The Jerusalem Post, 16 Maart 2022.

  • “Die hoof van die Russies-Ortodokse Kerk het op Sondag ’n diens vir Russiese soldate gehou waar hy hulle aangemoedig het om hulle land te verdedig ‘soos net Russe dit kan doen’ terwyl Moskou hulle militêre kampanje in Oekraïne voortsit.” – Reuters, 3 April 2022.

Moet Christene aan oorlog deelneem? Wat sê die Bybel?

Wat die Bybel regtig sê

Die Bybel wys dat diegene wat Jesus Christus regtig volg, nie aan oorlog deelneem nie.

  • “Sit jou swaard terug in sy plek, want almal wat die swaard gebruik, sal met die swaard doodgemaak word.” – Matteus 26:52.

    Gehoorsaam ’n persoon regtig Jesus se woorde as hulle oorlog goedkeur of daarin veg?

  • “Ek gee julle ’n nuwe gebod: Julle moet mekaar liefhê. Net soos ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê. So sal almal weet dat julle my dissipels is – as julle liefde vir mekaar het.” – Johannes 13:34, 35.

    Wys ’n persoon die soort liefde wat Jesus gesê het sy dissipels, of volgelinge, sou identifiseer as hulle oorlog ondersteun?

Vir meer inligting, lees die artikel “Is oorlog versoenbaar met die Christelike godsdiens?”

Christene en oorlog vandag

Is dit realisties om te verwag dat Christene nie vandag aan oorlog sal deelneem nie? Ja. Die Bybel het voorspel dat daar in ons tyd, ’n tydperk wat “die laaste dae” genoem word, mense sou wees van alle nasies wat “nie meer [sal] leer om oorlog te voer nie”. Dit is in ooreenstemming met wat Jesus geleer het. – Jesaja 2:2, 4, voetnoot.

  • Lees die reeks van artikels met die titel “Hoe beskou God oorlog?” in Die Wagtoring om meer uit te vind.

Binnekort sal Jehovah,a “die God van vrede”, sy hemelse regering gebruik om mense “van onderdrukking en van geweld” te red. – Filippense 4:9; Psalm 72:14.

  • Om uit te vind hoe, kyk na die video Wat is God se Koninkryk?

Ons nooi jou om na die streekbyeenkoms vir 2022 met die tema Streef vrede na! te kyk. Die program kan jou help om innerlike vrede te vind ten spyte van verskriklike dinge wat veroorsaak dat baie mense oorweldig voel deur angstigheid. Laai die program af of kyk dit aanlyn. Geen registrasie is nodig nie.

a Jehovah is die persoonlike naam van God. – Psalm 83:18.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel