Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mrt artikel 45
  • Rusland val Oekraïne binne

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Rusland val Oekraïne binne
  • Nog onderwerpe
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe belangrik is sulke gebeure volgens die Bybel?
  • Hoekom kan jy hoop hê vir die toekoms?
  • Wie is vandag “die koning van die noorde”?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2020
  • Godsdiens en die oorlog in Oekraïne – Wat sê die Bybel?
    Nog onderwerpe
  • ‘Geen vrede vir die goddeloses nie’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Tweede jaar van oorlog in Oekraïne – Watter hoop gee die Bybel?
    Nog onderwerpe
Sien nog
Nog onderwerpe
mrt artikel 45
’n Kaart van Oekraïne en omliggende nasies.

Rusland val Oekraïne binne

In die vroeë oggendure van 24 Februarie 2022 het Rusland se weermag begin om Oekraïne binne te val. Dit het gebeur al het leiers van verskillende lande dit probeer keer. Watter uitwerking sal hierdie militêre konflik dalk op die wêreld hê? Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, het ’n paar dae gelede gesê: “Ons kan onsself nie eers voorstel hoeveel swaarkry en verwoesting hierdie konflik sal veroorsaak en watter uitwerking dit op die veiligheid van lande in Europa en regoor die wêreld sal hê nie.”

Hoe belangrik is sulke gebeure volgens die Bybel?

  • Jesus Christus het ’n tyd voorspel wanneer ‘nasie teen nasie sal opstaan en koninkryk teen koninkryk’ (Matteus 24:7). Lees die artikel “Wat is die teken van die ‘laaste dae’ of ‘die tyd van die einde’?” om te sien hoe die Bybel wys dat oorloë in ons tyd Jesus se profesie vervul.

  • In die Bybelboek Openbaring word oorlog uitgebeeld as ’n ruiter op “’n vuurkleurige perd” wat “vrede van die aarde [wegneem]” (Openbaring 6:4). Lees die artikel “Die vier perderuiters—Wie is hulle?” om uit te vind hoe hierdie profesie vandag op oorlog van toepassing is.

  • Die boek Daniël het voorspel dat daar konflik sou wees tussen “die koning van die noorde” en “die koning van die suide” (Daniël 11:25-45). Kyk na die video Profesieë wat waar geword het – Daniël hoofstuk 11 om uit te vind hoekom Rusland en die lande wat hom ondersteun, as die koning van die noorde geïdentifiseer kan word.a

  • Openbaring beskryf ook “die oorlog van die groot dag van God die Almagtige” (Openbaring 16:14, 16). Maar dit is nie ’n oorlog tussen nasies soos wat ons nou sien gebeur nie. Lees die artikel “Wat is die oorlog van Armageddon?” om meer inligting te kry oor hierdie toekomstige gebeurtenis.

Hoekom kan jy hoop hê vir die toekoms?

  • Die Bybel sê dat God ‘regoor die aarde ’n einde aan oorloë sal maak’ (Psalm 46:9). Lees die artikel “’n Ware hoop vir ’n beter toekoms” om meer te leer oor die toekoms wat God belowe.

  • Jesus het sy volgelinge geleer om te bid vir God se Koninkryk om te kom (Matteus 6:9, 10). Hierdie Koninkryk is die hemelse regering wat God se wil vir die aarde sal uitvoer, en God se wil sluit vrede vir die hele wêreld in. Kyk na die video Wat is God se Koninkryk? om uit te vind hoe die Koninkryk jou kan help.

Daar is meer as 129 000 Getuies van Jehovah in Oekraïne. Net soos Getuies regoor die wêreld, volg hulle Jesus na deur polities neutraal te bly en deur nie deel te neem aan oorloë nie (Johannes 18:36). Regoor die wêreld hou Jehovah se Getuies aan om die “goeie nuus van die Koninkryk” te verkondig as die oplossing vir die mens se probleme, insluitende oorlog (Matteus 24:14). Ons nooi jou om ons te kontak om meer te leer oor die Bybel se boodskap van hoop.

a Vir ’n volledige bespreking van hierdie profesie, lees die artikels “‘Die koning van die noorde’ in die tyd van die einde” en “Wie is vandag ‘die koning van die noorde’?”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel