Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwyp artikel 105
  • Wat kan ek doen as ek skaam is?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat kan ek doen as ek skaam is?
  • Jongmense vra
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Verstaan wat jou vrese is
  • Plan van aksie
  • Waarom kan ek nie meer uitgaande wees nie?
    Ontwaak!—1999
  • Hoe kan ek meer uitgaande wees?
    Ontwaak!—1999
  • Gesprekvoering is ’n kuns
    Ontwaak!—1995
  • Hoe kan ek beter daarin word om met ander te praat?
    Jongmense vra
Sien nog
Jongmense vra
ijwyp artikel 105
’n Tienermeisie sit alleen by ’n geselligheid en gesels met niemand nie.

JONGMENSE VRA

Wat kan ek doen as ek skaam is?

Slegte nuus: As jy skaam is, kan dit maak dat jy uitmis op wonderlike vriendskappe en ondervindinge.

Goeie nuus: Dit is nie altyd ’n slegte ding om skaam te wees nie. Dit kan jou help om te dink voordat jy praat, om meer oplettend te wees en om ’n beter luisteraar te word.

Beter nuus: Net omdat jy nou skaam is, beteken dit nie dat jy altyd skaam sal wees nie. Jy kan beheer hoe dit jou lewe beïnvloed. Hierdie artikel sal jou wys hoe.

  • Verstaan wat jou vrese is

  • Plan van aksie

  • Wat ander jongmense sê

Verstaan wat jou vrese is

As jy skaam is, kan net die idee om met mense te praat, jou bang maak. As gevolg hiervan voel jy dalk afgesonder van ander, asof jy alleen in ’n donker kamer is. Dit kan erg wees. Maar as jy verstaan wat jou vrese is, sal jy dalk besef dat jy nie bang hoef te wees nie. Kyk na drie voorbeelde.

  • Vrees #1: “Ek weet nie waaroor om te praat nie.”

    Feit: Mense onthou nie noodwendig wat jy sê nie, maar eerder hoe jy hulle laat voel. Jy kan beheer oor jou vrees kry deur beter daarin te word om te luister en deur regtig belang te stel in wat ander te sê het.

    Iets om oor te dink: Watter soort vriend verkies jy – iemand wat altyd praat of iemand wat ’n goeie luisteraar is?

  • Vrees #2: “Mense sal dink dat ek vervelig is.”

    Feit: Mense sal ’n opinie oor jou vorm of jy nou skaam is of nie. Jy kan beheer oor jou vrees kry – en mense help om ’n beter opinie oor jou te vorm – as jy toelaat dat hulle jou sien vir wie jy is.

    Iets om oor te dink: As jy dink dat almal jou oordeel, is jy dalk besig om hulle verkeerdelik te oordeel deur aan te neem dat hulle nie van jou hou nie?

  • Vrees #3: “Ek is bang mense gaan vir my lag as ek die verkeerde ding sê.”

    Feit: Enigiemand kan iets verkeerds sê. Jy kan beheer oor jou vrees kry deur foute te sien as ’n geleentheid om vir ander te wys dat jy nie jouself te ernstig opneem nie.

    Iets om oor te dink: Geniet jy dit nie om met mense te kuier wat kan erken dat hulle nie volmaak is nie?

Het jy geweet? Party mense dink dat hulle nie skaam is nie omdat hulle baie teksboodskappe stuur. Maar ware vriendskappe is makliker om te vorm met mense wanneer jy direk met hulle praat. Sherry Turkle, ’n sielkundige en kenner in tegnologie, skryf: “Wanneer ons mekaar se gesigte sien en mekaar se stemme hoor, vorm ons ’n regte konneksie met mekaar.”a

Dieselfde meisie gesels met ’n paartjie by die geselligheid.

Wanneer jy beheer oor jou vrese kry, sal jy dalk vind dat om direkte gesprekke met ander te hê, nie so erg is nie

Plan van aksie

  • Moenie jouself met ander vergelyk nie. Jy hoef nie ’n ekstrovert te word nie. Jou doelwit kan eerder wees om minder skaam te word sodat jy nie uitmis op wonderlike vriendskappe en ondervindinge nie.

    “Jy hoef nie lang gesprekke te hê nie, en al die aandag hoef nie op jou te wees nie. Stel net jouself voor aan iemand of vra net ’n paar eenvoudige vrae.” – Alicia.

    Bybelwaarheid: “Laat elkeen sy eie dade ondersoek, en dan sal hy ’n rede hê om bly te wees oor wat hy self doen en nie omdat hy homself met ander vergelyk nie.” – Galasiërs 6:4.

  • Wees oplettend. Hou mense dop wat gemaklik is met ander mense, en kyk hoe hulle met ander gesels. Wat werk vir hulle? Wat werk nie so goed nie? Watter dinge wat hulle doen, kan jy navolg?

    “Hou mense dop wat maklik vriende maak en leer by hulle. Kyk hoe hulle optree en wat hulle sê wanneer hulle iemand vir die eerste keer ontmoet.” – Aaron.

    Bybelwaarheid: “Soos yster deur yster geslyp word, so vorm vriende mekaar.” – Spreuke 27:17.

  • Vra vrae. Mense hou gewoonlik daarvan om hulle opinie oor dinge te gee. So om vrae te vra, is ’n goeie manier om ’n gesprek met hulle te begin. Dit hou ook die aandag van jou af.

    “As jy voor die tyd voorberei, kan dit jou help om minder te stres. Jy kan selfs aan ’n paar onderwerpe of vrae dink voordat jy na ’n sosiale geleentheid gaan sodat dit minder stresvol sal wees wanneer jy nuwe mense ontmoet.” – Alana.

    Bybelwaarheid: “[Moenie] net aan julle eie belange dink nie, maar ook aan die belange van ander.” – Filippense 2:4.

a Uit die boek Reclaiming Conversation.

Wat ander jongmense sê

Kelsey.

“Begin met klein dinge, soos ’n glimlag en ’n ‘hallo’, en dan sal jy verbaas wees hoeveel mense reageer. Dit sal jou ook meer selfvertroue gee vir die volgende keer wanneer jy met iemand moet praat.” – Kelsey.

Robin.

“Almal is interessant op die een of ander manier, en ons almal kan iets by mekaar leer. As jy nie nou en dan oopmaak nie, sal niemand by jou mooi eienskappe kan leer nie.” – Robin.

Veronica.

“As jy mense gemaklik laat voel, sal hulle gewoonlik van jou hou, selfs al is jy geneig om skaam te wees. Dit help ook om uit die hart te glimlag. Jy moet ’n positiewe beskouing van mense hê om opreg te wees.” – Veronica.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel