Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwhf artikel 37
  • Alkoholmisbruik in die huwelik

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Alkoholmisbruik in die huwelik
  • Hulp vir die gesin
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Alkoholmisbruik en die huwelik – ’n Skadelike kombinasie
  • Is jy afhanklik van alkohol?
  • Maak seker dat jy nie ontken dat jy ’n probleem met alkohol het nie
  • Wat jy kan doen
  • Drankmisbruik en gesondheid
    Ontwaak!—2005
  • Praat met jou kinders oor alkohol
    Hulp vir die gesin
  • Hoe moet Christene oor alkohol voel?
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
  • Behou ’n gebalanseerde beskouing van die gebruik van alkohol
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
Sien nog
Hulp vir die gesin
ijwhf artikel 37
Twee trouringe en verskillende bottels alkohol op ’n tafel.

HULP VIR DIE GESIN | DIE HUWELIK

Alkoholmisbruik in die huwelik

Het jou huweliksmaat vir jou gesê dat hy of sy bekommerd is oor jou drinkgewoontes? As dit die geval is, is daar ’n paar dinge waaroor jy moet dink.

In hierdie artikel

  • Alkoholmisbruik en die huwelik – ’n Skadelike kombinasie

  • Is jy afhanklik van alkohol?

  • Maak seker dat jy nie ontken dat jy ’n probleem met alkohol het nie

  • Wat jy kan doen

Alkoholmisbruik en die huwelik – ’n Skadelike kombinasie

Alkoholmisbruik kan tot allerhande gesondheidsprobleme lei, insluitende hartsiekte, lewersirrose en kanker. Maar alkoholmisbruik is meer as net ’n gesondheidsprobleem. Dit is ook ’n probleem wat die huwelik raak omdat dit tot gesinsgeweld, finansiële probleme, ontrouheid en egskeiding kan lei.

Die Bybel sê dat wanneer alkohol misbruik word, ‘dit soos ’n slang byt en gif afskei soos ’n adder’ (Spreuke 23:32). Hoe weet jy of jy van alkohol afhanklik is?

Is jy afhanklik van alkohol?

Die volgende vrae kan jou help om uit te vind of jy van alkohol afhanklik is:

  • Sukkel jy om die hoeveelheid wat jy drink te beheer?

  • Dink jy gereeld aan wanneer jy weer sal kan drink?

  • Drink jy al veroorsaak dit probleme in jou lewe – insluitende in jou huwelik?

  • Ondervind jy onttrekkingsimptome wanneer jy probeer om op te hou?

  • Veroorsaak jou drinkgewoontes argumente met jou huweliksmaat?

  • Kan jy meer alkohol hanteer as wat jy in die verlede kon?

  • Drink jy skelm of steek jy alkohol by die huis of by die werk weg?

As jy ja geantwoord het op een of meer van hierdie vrae, het jy dalk van alkohol afhanklik geword. Jy ly dalk aan ’n probleem wat bekend staan as alkoholisme.

Maak seker dat jy nie ontken dat jy ’n probleem met alkohol het nie

Het jou huweliksmaat vir jou gesê dat hulle bekommerd is oor hoe dikwels of hoe baie jy drink? As dit die geval is, het jy dit dalk laat klink asof dit nie regtig ’n probleem is nie of verskonings gemaak vir jou gedrag. Dalk het jy ander, insluitende jou huweliksmaat, blameer deur dinge te sê soos:

  • “As jy my beter behandel het, sou dit nie nodig wees om te drink nie.”

  • “As jou werk so stresvol soos myne is, sou jy ook gedrink het.”

  • “Ek ken baie mense wat meer as ek drink.”

As jy sulke dinge sê, is jou begeerte om te drink dalk belangriker as jou begeerte om ’n gelukkige huwelik te hê. Wat moet belangriker wees?

Bybelwaarheid: “Die getroude man is besorg oor . . . hoe hy sy vrou se goedkeuring kan verkry.” – 1 Korintiërs 7:33.

Collage: Twee prente wat die verskillende maniere uitbeeld hoe ’n man op sy vrou se bekommernisse oor sy alkoholgebruik reageer. 1. Die man sit agter ’n hoë baksteenmuur en hou ’n leë bier vas. Nog twee bottels staan op die vloer. Die vrou staan aan die anderkant van die muur, sy kan hom nie sien nie en is gefrustreerd. 2. Die man kyk na sy vrou deur ’n groot venster in die muur en luister na haar bekommernisse.

Vervang die muur van ontkenning met ’n venster wat jou toelaat om jou huweliksmaat se bekommernisse duideliker te sien

Wat jy kan doen

  • Vat jou huweliksmaat se bekommernisse ernstig op. Selfs al is jou huweliksmaat oorsensitief oor die saak, kan jy nog steeds ’n paar aanpassings maak. As jy nie aanpassings kan maak nie en aanhou drink al bekommer dit jou huweliksmaat, is dit dalk ’n teken dat alkohol ’n probleem geword het.

    Bybelwaarheid: “Laat elkeen nie sy eie voordeel bly soek nie, maar dié van die ander persoon.” – 1 Korintiërs 10:24.

  • Ken die feite. Om ’n geveg te wen moet ’n soldaat weet wat sy vyand se planne is. Jy het ’n soortgelyke uitdaging – om jou vyand te oorwin, moet jy leer oor die feite van alkoholisme en hoe mense in hierdie strik beland. Jy sal ook moet leer wat jy moet doen om nie meer van alkohol afhanklik te wees nie en hoe om ’n terugslag in die toekoms te vermy.

    Bybelwaarheid: “[Moenie] swig voor vleeslike begeertes, wat teen julle oorlog voer nie.” – 1 Petrus 2:11.

  • Kry hulp. Daar is ’n aantal mediese hulpbronne wat op die behandeling van alkoholmisbruik fokus, insluitende rehabilitasieprogramme, behandelingsentrums en hospitale. Jy kan ook ’n volwasse vriend vra om jou te help om enige onderliggende probleme te identifiseer wat tot jou afhanklikheid van alkohol bydra. Vra dan hierdie vriend om jou te help wanneer jy in die versoeking kom om weer te begin drink.

    Die man sit op ’n sitbank en praat met ’n professionele gesondheidswerker.

    Oorweeg dit om professionele mediese hulp te kry

    Bybelwaarheid: “’n Ware vriend betoon altyd liefde en is ’n broer gedurende moeilike tye.” – Spreuke 17:17.

Alkoholmisbruik is ’n ingewikkelde probleem wat nie net opgelos kan word deur ’n kort artikel te lees nie. Jy kan dit ook nie oorwin deur net te sê “Ek sal probeer om minder te drink” nie. Maar jy moet bewus wees dat wat jy daaromtrent doen, meer as net jou fisiese gesondheid affekteer – dit affekteer ook jou huwelik.

Vir meer inligting: Lees die volgende artikels om uit te vind hoe ander hulle alkoholmisbruik oorkom het.

‘Ek is nie meer ’n wrede man nie’

“Ek dink nie meer sleg van myself nie”

“Ek het op die strate gebly”

Kyk ook na die video ‘Ek was moeg vir my lewenswyse’

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel