Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwhf artikel 22
  • Leer jou kinders om dankbaarheid te wys

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Leer jou kinders om dankbaarheid te wys
  • Hulp vir die gesin
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe om kinders te leer om dankbaar te wees
  • “Toon dat julle dankbaar is”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2019
  • Dankbaar vir ons “gelukkig hoop”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Dankbaarheid
    Ontwaak!—2016
  • Waarom moet ons waardering toon?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
Sien nog
Hulp vir die gesin
ijwhf artikel 22
’n Jong meisie met ’n groot glimlag op haar gesig wys haar briefie wat sy geteken het om dankie te sê.

HULP VIR DIE GESIN | OUERSKAP

Leer jou kinders om dankbaarheid te wys

Studies wys dat mense wat dankbaar is, gelukkiger en gesonder is, probleme beter hanteer en sterker vriendskappe het. Die navorser Robert A. Emmons sê dat dankbaarheid “’n mens beskerm teen die verwoestende neigings van jaloesie, gevoelens van wraak, gierigheid en bitterheid”.a

Hoe help dit kinders as hulle dankbaar is? In ’n vier jaar lange studie wat onder 700 jongmense gedoen is, het dié met ’n dankbare gesindheid nie sommer tydens toetse gekul, dwelms en alkohol misbruik of gedragsprobleme gehad nie.

  • Wanneer mense voel dat hulle op dinge geregtig is, is daar nie baie plek vir dankbaarheid nie. Baie kinders voel dat die lewe hulle die goeie dinge skuld wat met hulle gebeur. Wanneer mense die goeie dinge wat met hulle gebeur as betaling eerder as ’n geskenk beskou, is daar nie baie plek vir dankbaarheid nie.

    Daardie gesindheid is vandag baie algemeen. “Ons wêreld leer mense daardie eienskap”, sê ’n ma met die naam Katherine. “Die media bombardeer ons met beelde van al die dinge wat ons ‘verdien’ en sê dan vir ons dat ons die eerstes moet wees om dit te kry.”

  • Kinders kan van kleins af geleer word om dankbaar te wees. ’n Ma met die naam Kaye sê: “Kinders kan gevorm word. As ons hulle goeie gewoontes leer terwyl hulle jonk is, is dit soos om stokkies te gebruik om ’n plant reguit te laat groei.”

Hoe om kinders te leer om dankbaar te wees

  • Leer hulle wat om te sê. Selfs jong kinders kan leer om dankie te sê wanneer iemand vir hulle ’n geskenk gee of iets goeds vir hulle doen. Terwyl hulle ouer word en meer volwasse raak, sal hulle geleidelik leer om die vrygewigheid van ander selfs meer te waardeer.

    ’n Ma hou haar jong dogter vas terwyl haar dogter ’n opgestopte speelding as ’n geskenk kry. Hulle albei glimlag van dankbaarheid.

    Bybelbeginsel: “Toon dat julle dankbaar is.” – Kolossense 3:15.

    “Ons driejarige kleinseun sê altyd ‘dankie’, en elke keer as hy iets vra, sê hy ‘asseblief’. Hy het dit by sy ma en pa geleer. Hulle goeie maniere en woorde van dankbaarheid leer hom om dankbaar te wees.” – Jeffrey.

  • Leer hulle wat om te doen. Kan jy dalk vir jou kinders vra om ’n briefie te skryf om dankie te sê die volgende keer wanneer iemand vir hulle ’n geskenk gee? En as jy vir jou kinders takies gee, sal jy hulle help om te verstaan hoeveel werk dit vat om die huis ’n goeie plek vir die gesin te maak.

    Ouers wat hulle kinders leer om briefies te skryf om dankie te sê.

    Bybelbeginsel: “Dit maak ’n mens gelukkiger om te gee as om te ontvang.” – Handelinge 20:35.

    “Ons twee tieners help die gesin deur etes te beplan, te kook en huistakies te doen. Dit help hulle om te verstaan hoe hard ons as ouers werk, en dan neem hulle dinge ook nie sommer as vanselfsprekend aan nie.” – Beverly.

  • Leer hulle watter gesindheid om te hê. Dink aan dankbaarheid as ’n plant. Net soos ’n plant grond nodig het om goed te kan groei, het ons nederigheid nodig om dankbaar te kan wees. Nederige mense erken dat hulle hulp nodig het met enige iets wat hulle aanpak, en dit maak hulle dankbaar vir die ondersteuning wat hulle kry.

    ’n Pa wys vir sy twee jong seuns hoe om ’n fiets reg te maak.

    Bybelbeginsel: “Wees nederig en beskou ander as hoër as julleself, terwyl julle nie net aan julle eie belange dink nie, maar ook aan die belange van ander.” – Filippense 2:3, 4.

    “Partykeer speel ons die ‘dankbaarheidspeletjie’ wanneer ons eet. Elkeen kry ’n beurt om te sê waarvoor hy of sy dankbaar is. Dit help almal om aan positiewe dinge te dink wat hulle dankbaar laat voel, eerder as aan negatiewe, selfsugtige dinge.” – Tamara.

Wenk: Stel die voorbeeld. Kinders sal makliker leer om dankbaar te wees as hulle hoor hoe jy gereeld vir ander – en vir hulle – sê en wys dat jy dankbaar is.

a Uit die boek Thanks! How Practicing Gratitude Can Make You Happier.

Wat ander ouers sê

Jeffrey en Karen.

“Ek en my vrou het ons kinders geleer om briefies te skryf om dankie te sê. Dit help kinders om te onthou dat ander nie vir hulle geskenke hoef te gee of vir hulle dinge hoef te doen nie. Mense wat vir ons iets gee, verdien ons dankbaarheid.” – Jeffrey, saam met sy vrou, Karen.

Susan en Christopher.

“As ons ons kinders leer om asseblief en dankie te sê sodra hulle dit kan doen, dan sal dit makliker wees om hulle te leer om dankbare kinders te wees wat later dankbare grootmense sal word.” – Susan, saam met haar man, Christopher.

Hersiening: Leer jou kinders om dankbaarheid te wys

  • Leer hulle wat om te sê. Selfs klein kinders kan geleer word om dankie te sê vir die goeie dinge wat ander vir hulle doen.

  • Leer hulle wat om te doen. Wys vir jou kinders hoe om ’n briefie te skryf om dankie te sê vir die dinge wat hulle kry as iemand vir hulle ’n geskenk gee. En as jou kinders takies doen, sal dit hulle help om te verstaan hoeveel werk dit vat om die huis ’n goeie plek vir die gesin te maak.

  • Leer hulle watter gesindheid om te hê. Nederigheid sal jou kinders help om hulle prestasies as ’n spanpoging te sien, en hulle sal dankbaar wees vir die ondersteuning wat hulle kry.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel