Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwhf artikel 13
  • Hoe om werk “by die werk” te los

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe om werk “by die werk” te los
  • Hulp vir die gesin
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat jy moet weet
  • Wenke oor hoe om ’n balans te behou
  • Punte om te bespreek
  • Hoe raak tegnologie jou huwelik?
    Ontwaak! – 2021
  • ‘Laat die huwelik eerbaar wees’
    ‘Hou julle in God se liefde’
  • Hoe om tegnologie op sy plek te hou
    Hulp vir die gesin
  • Wanneer ’n vriendskap te heg raak
    Ontwaak!—2013
Sien nog
Hulp vir die gesin
ijwhf artikel 13
’n Man en vrou geniet ’n koppie koffie saam in hulle kombuis. Hulle het hulle werk en selfone eenkant gesit.

HULP VIR DIE GESIN | DIE HUWELIK

Hoe om werk “by die werk” te los

As gevolg van tegnologie kan mense jou nou enige tyd kontak. So jou werkgewer, kollegas of kliënte mag dalk verwag dat jy enige tyd van enige dag beskikbaar moet wees om te werk. Dit maak dinge moeilik, want jou werk kan met ander dele van jou lewe inmeng, insluitende jou huwelik. Dit maak dit ook moeilik om die belangriker dinge in jou lewe ’n prioriteit te maak.

  • Wat jy moet weet

  • Wenke oor hoe om ’n balans te behou

  • Wat ander huweliksmaats sê

  • Punte om te bespreek

Wat jy moet weet

  • Tegnologie kan maak dat jy werk in plaas daarvan dat jy tyd saam met jou huweliksmaat spandeer. Elke werksoproep, e-pos of teksboodskap wat jy ná werksure ontvang, kan lyk soos ’n vuur wat onmiddellik geblus moet word.

    “Die idee dat jy ná werk huis toe kom en tyd met jou gesin spandeer, lyk nou onmoontlik. Wanneer jy e-posse en oproepe oor werk kry, fokus jy meer daarop as op jou huweliksmaat.” – Jeanette.

  • Om ’n balans tussen jou werk en jou gesin te behou, moet jy die inisiatief neem. As jy nie ’n plan maak nie, sal jy heel moontlik die tyd wat jy met jou huweliksmaat moet spandeer, vir werk gebruik.

    “Jou huweliksmaat is gewoonlik die eerste een wat jy afskeep, want jy dink: ‘O, hy sal verstaan. Hy sal my vergewe. Ek sal later tyd met hom spandeer.’” – Holly.

Wenke oor hoe om ’n balans te behou

  • Maak jou huwelik ’n prioriteit. Die Bybel sê: “Wat God . . . saamgevoeg het, mag geen mens skei nie” (Matteus 19:6, Ou Afrikaanse Bybelvertaling). As jy nie sou toelaat dat ’n mens jou van jou huweliksmaat “skei” nie, hoekom sou jy toelaat dat jou werk dit doen?

    “Party kliënte voel dat omdat hulle jou betaal, moet hulle jou enige tyd kan kontak wanneer hulle jou nodig het. Omdat ek besef dat my huwelik ’n prioriteit is, sê ek vir hulle dat ek nie beskikbaar is op my af dae nie, maar dat ek hulle so gou as moontlik sal kontak.” – Mark.

    Vra jou af: ‘Wys my optrede dat my huwelik belangriker is as my werk?’

  • Sê nee vir werk indien nodig. Die Bybel sê: “Wysheid is by dié wat beskeie is” (Spreuke 11:2). Wanneer jy beskeie is, sal jy dalk besef dat dit goed is om nee te sê vir sommige werk of om dit vir iemand anders te gee.

    “Ek is ’n loodgieter, so as iemand my hulp in ’n noodgeval nodig het, stres die persoon baie. As ek nie by dit kan uitkom binne die tydperk wat hy wil hê nie, verwys ek hom na iemand anders.” – Christopher.

    Vra jou af: ‘Is ek bereid om nee te sê vir ekstra werk sodat my huweliksmaat nie afgeskeep voel nie? Wat sou my huweliksmaat se antwoord hierop wees?’

  • Maak tyd vir mekaar. Die Bybel sê: “Daar is vir alles ’n vasgestelde tyd” (Prediker 3:1). Wanneer jy baie besig is by die werk, is dit veral belangrik dat jy ’n plan maak om tyd met jou huweliksmaat te spandeer en dan by die plan bly.

    “Gewoonlik wanneer ons verskriklik besig is, besluit ons op ’n tyd – selfs al is dit net aandete of om langs die see te gaan stap – wanneer ons tyd saam kan spandeer sonder om gesteur te word.” – Deborah.

    Vra jou af: ‘Sit ek sekere tye opsy wanneer ek al my aandag vir my huweliksmaat kan gee sonder om afgelei te word? Hoe sou my huweliksmaat antwoord?’

  • Sit al jou elektroniese toestelle af. Die Bybel sê: “Maak [seker] van die belangriker dinge” (Filippense 1:10). Kan jy nou en dan jou toestelle afsit sodat jy nie afgelei word deur boodskappe of oproepe van jou werk nie?

    “Ek probeer regtig om nie enige werk te doen ná ’n sekere tyd nie. Ek stel my foon sodat ek nie boodskappe kry nie.” – Jeremy.

    Vra jou af: ‘Voel ek verplig om beskikbaar te bly net ingeval my baas of ’n kliënt my nodig het? Hoe sou my huweliksmaat antwoord?’

  • Wees redelik. Die Bybel sê: “Laat julle redelikheid . . . bekend word” (Filippense 4:5). Daar sal tye wees wanneer jy moet werk in plaas van om tyd saam met jou huweliksmaat te spandeer. Byvoorbeeld, dalk het jou huweliksmaat die tipe werk wat vereis dat hy of sy ná werksure gekontak moet word. Moenie te veel van jou huweliksmaat verwag nie, wees redelik.

    “My man het sy eie besigheid, en partykeer is daar noodgevalle ná werksure wat hy moet hanteer. Soms irriteer dit my, maar ons spandeer nog steeds baie tyd saam, so dit is oukei.” – Beverly.

    Vra jou af: ‘Wys ek vir my huweliksmaat dat ek verstaan hoeveel werk hy of sy moet doen deur nie vir meer tyd of aandag te vra as wat hy of sy kan gee nie? Hoe sou my huweliksmaat antwoord?’

’n Gloeilamp.

Wenk: Onthou, om ’n balans te behou, moet jy seker maak dat jy genoeg tyd en aandag aan jou werk en ander prioriteite in jou lewe gee. Gebruik die deel Punte om te bespreek in hierdie artikel om te sien hoe jy en jou huweliksmaat ’n beter balans in julle lewe kan kry.

Wat ander huweliksmaats sê

Joseph en Hannah.

“Ons hou daarvan om ons fone se klank af te sit sodat ons nie gesteur word terwyl ons aandete saam geniet nie. Die tyd wat ons saam met ons gesinne spandeer, is kosbaar.” – Joseph, saam met sy vrou, Hannah.

Kara en Daniel.

“Om ons lewe eenvoudig te hou, het ons baie gehelp. Hoe eenvoudiger jou lewe is, hoe makliker is dit vir jou om ’n balans te behou, aangesien jy nie so baie afleidings het nie.” – Kara, saam met haar man, Daniel.

Punte om te bespreek

Eerstens, elkeen van julle kan op julle eie na die volgende vrae kyk. Bespreek dan julle antwoorde met mekaar.

  • Het jou huweliksmaat al ooit gekla dat jy werk huis toe bring? Indien wel, stem jy saam?

  • Hoe dink jy kan jy verbeter as jy ’n balans tussen jou werk en ander prioriteite in jou lewe wil behou?

  • Het jy al ooit gedink dat jou huweliksmaat nie werk “by die werk” kan los nie? Indien wel, aan watter gevalle kan jy dink?

  • Watter veranderinge, indien enige, sal jy wil hê jou huweliksmaat moet maak wanneer dit kom by ’n balans tussen hulle werk en ander prioriteite in hulle lewe?

Hersiening: Hoe om werk “by die werk” te los

  • Maak jou huwelik ’n prioriteit. Moenie toelaat dat jou werk met jou huwelik inmeng nie.

  • Sê nee vir werk indien nodig. In party gevalle sal dit dalk goed wees om werk vir iemand anders te gee of om nee te sê daarvoor.

  • Maak tyd vir mekaar. Moenie jou huwelik afskeep nie, veral nie wanneer jy verskriklik besig is nie.

  • Sit al jou elektroniese toestelle af. Sit nou en dan jou toestelle af sodat jy nie altyd deur werk afgelei word nie.

  • Wees redelik. Om ’n goeie balans in jou lewe te behou, moet jy aanhou om jouself te ondersoek en om veranderinge te maak. Wees redelik in wat jy verwag.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel